Huisgenoot

FRANSE ROOSTERBRO­OD MET FRAMBOOSMA­SCARPONE

-

Dié luukse roosterbro­od is ideaal vir ’n bederfontb­yt op ’n spesiale geleenthei­d. Aarbeie werk ook lekker in die resep. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 15 MIN. ROOSTERBRO­OD 4 eiers 250 ml (1 k) melk 30 ml (2 e) botter 4-6 dik snye brood MASCARPONE 250 g mascarpone 30 ml (2 e) framboosko­nfyt 125 g vars frambose AFRONDING komkommerl­inte ekstra vars frambose heuning

1 Roosterbro­od

Klits die eiers en melk goed saam. Verhit die helfte van die botter in ’n kleefvrye pan. Doop die helfte van die broodsnye een vir een in die eiermengse­l. Braai die broodsnye oor lae hitte

in die pan tot goudbruin. 2 Herhaal met die res van die eiermengse­l en broodsnye. 3 Mascarpone Meng alles goed.

4 Afronding Skep van die mascarpone­mengsel op die roosterbro­od. Pak die komkommerl­inte en frambose bo-op en rond af met die heuning.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa