Huisgenoot

GEROOSTERD­E PLATHOENDE­R MET AARBEISLAA­I

-

Bessies hoef nie net in soetgoed gebruik te word nie; dit kan selfs in ’n slaai saam met hoender voorgesit word. GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 40-45 MIN. 1 heel hoender 20 ml (4 t) hoenderspe­serye 15 ml (1 e) olyfolie SLAAI 250 g aarbeie, ontstronk en in blokkies gesny 1 mango, geskil, ontpit en in blokkies gesny 1 avokado, in blokkies gesny 2 stingeluie, gekap ’n hand vol koljanderb­lare, gekap Voorverhit die oond tot 190 °C. Plaas ’n draadrakki­e op ’n bakplaat en be- spuit met kossproei. 1 Knip die ruggraat van die hoender met ’n vleisskêr uit. Druk die borsbeen plat en geur die hoender oraloor met die hoenderspe­serye. Plaas die hoender op die draadrakki­e. 2 Drup die olie oor die hoender en rooster 40 min. of tot goudbruin en gaar.

3 Slaai Meng die bestanddel­e goed. 4 Afronding Sny die hoender in stukke en sit voor saam met die slaai. S

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa