Huisgenoot

PAK DÍT IN JOU GIMSAK

-

Droë sjampoe

Indien ’n mens elke dag jou hare was, kan dit droog en breekbaar raak. Om daardie rede is droë sjampoe ’n oefenslaaf se beste belegging.

Dit help jou hare verfris, gee dit boonop volume en sorg dat jy harewas met ’n dag of twee kan uitstel.

Die geheim is om droë sjampoe aan jou wortels aan te wend voor jy oefen, want dit sal dan jou sweet absorbeer.

As jy dit ná oefening aan sweterige hare aanwend, sal dit ingekoek en styf raak.

Jy kan altyd jou hare droogblaas met ’n haardroër op die lae verstellin­g en dan droë sjampoe aanwend vir volume en reukbeheer.

Moenie meer as twee of drie dae se harewas oorslaan nie, anders gaan daar ’n opbou van haarproduk­te en sweet aan jou hare wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa