Huisgenoot

HY DRINK ALLEEN; SY VOEL ALLEEN

-

My man drink alleen en sluk die wodka skoon af, ook soggens by die werk. Ons het hewige rusies daaroor. Dis ons albei se tweede huwelik, en ons het geen kinders meer in die huis nie. Hy weier volstrek om in ’n kliniek opgeneem te word. Sy ondernemin­g is van so ’n aard dat hy nie daarvan kan wegbly nie. Ek sit elke aand alleen, want hy gaan skemertyd al slaap. Ek is lief vir hom, maar ek raak nou ál meer geïrriteer en ongeduldig met hom. Ek hou nie van hom wanneer hy besope is nie. Ek moet nou al antidepres­sante gebruik net om elke dag te kan hanteer. K op G Jy kan net iemand help as dié gehelp wil word. Jou man se probleem is nie net alkoholism­e nie, maar ook ontkenning. ’n Besoek aan ’n huisdokter laat soms ’n alkoholis se oë oopgaan wanneer hy sien hy is op pad na lewerversa­king, breinskade, maagsere, abnormale bloeding en vitamiente­korte. Hoe gaan dit dán sy ondernemin­g raak?

Vele rehabilita­siegeriewe het ’n buitepasië­nte-eenheid waar hy ontgif kan word en ’n korter kursus van 21 tot 30 dae volg.

Bel Sanca op 011-482-1070 vir ’n aanbevelin­g oor so ’n gerief in jul omgewing.

Jou alleenheid in hierdie huwelik benadeel reeds jou eie gesondheid. Vir berading en steun kan jy gerus Al-Anon op 086-143-5722 bel.

Dié organisasi­e bied gratis hulp aan die gesinne van alkoholist­e. Daar is enkele gevalle waar ’n familielid wat ’n plan maak met haar omstandigh­ede juis as ’n goeie voorbeeld vir die alkoholis gedien het. Dit sal goed wees as jy van jul kinders kan saamneem as hulle ’n behoefte daaraan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa