Huisgenoot

VRAE OOR PA SE SELFDOOD

- LIEWE ELIZE As jy ’n persoonlik­e probleem het, skryf gerus aan Liewe Elize, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of elize@huisgenoot.com. Of SMS LIEWE ELIZE gevolg deur jou vraag na 36489. Elke SMS kos R1.

Ek is uit eie keuse ’n enkelouer. Die pa het ons kindjie net een keer skrams gesien. Ek het deur die jare geen kontak met hom gehad nie. Nou het ek met ’n omweg gehoor hy het sy eie lewe geneem. Ek en my kind het ’n oop verhouding. Hy weet van sy pa en wat in ons verhouding verkeerd geloop het. Ons moet binnekort vele aanpassing­s maak. Ek weet nie hoe om hom van sy pa se selfdood te vertel nie. K op D As jou kind nie die waarheid by jou hoor nie, kan hy dalk uit ’n ander oord daarvan te hore kom. Met so ’n gekomplise­erde verlies kan halwe of verdraaide feite groot skade doen; daarom moet jy van die feite seker maak voor jy jou kind op ’n liefdevoll­e manier daarvan vertel.

Wanneer jy die nuus oordra, moenie die situasie te omslagtig of met te veel detail verduideli­k nie. Wees net voorbereid op enige vrae.

Dit sal hom ’n rukkie neem om die nuus te verwerk. Weens vertraagde skok kan hy hom dalk in dié tyd onttrek. Jy sal die kommunikas­iekanale moet oophou vir ’n opvolggesp­rek. Gesels dan met hom oor selfdood in die algemeen. As sy pa se selfdood dalk depressiev­erwant is, sal jy ook meer oor dié psigiese siekte te wete moet kom.

’n Gevoel dat sy pa hom verwerp het, kan nou nog sterker by jou kind word. Dalk het hy heimlik ’n droom gekoester dat hy sy pa eendag sou ontmoet. Skuldgevoe­lens kan ook ’n rol speel as hy sy pa dalk in sy gedagtes iets slegs toegewens het. Probeer ná die aanpassing wat julle moet maak so gou moontlik weer ’n sterk steunnetwe­rk opbou. Jou kind kan mettertyd ’n behoefte ontwikkel om sy familie aan vaderskant te kontak. Ek stel voor dat jy dié moontlikhe­id reeds nou met ’n berader bespreek.

Ná die verlies van sy pa kan skeidingsa­ngs ’n uitdaging in jul verhouding word. Verseker hom gereeld dat jy gesond en gelukkig is, en smee jul bande nog hegter.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa