Huisgenoot

NUWE LIEFDE KRAP KINDERS OM

-

Wat doen ek? Ek is so hartseer en moedeloos, want ek is nou al ’n geruime tyd ’n weduwee en het nou ’n wewenaar ontmoet. Sy vrou is ook reeds lank oorlede. Ons is lief vir mekaar, maar ons kinders is nie gelukkig oor die verhouding nie. M op L Van harte geluk dat julle twee ná soveel jare alleen nou die liefde met ope arms verwelkom! Hierdie geluk is min enkellopen­des beskore, en dit moet vertroetel en beskerm word.

Die vonke spat dikwels in ’n familie as ’n ouer ’n tydjie ná die ander ouer se dood weer daaraan dink om ’n vaste verbinteni­s aan te gaan. Soms wil kinders nie verstaan dat die behoefte aan ’n lewensmaat ál intenser kan word namate jy ouer word nie.

In sommige gevalle kan die kinders bang wees dat ’n nuwe lewensmaat ’n deel van die erfporsie kan kry wat hulle voel hulle toekom.

Hoe ook al, julle twee het nou al almal se menings hieroor aangehoor. Die belangriks­te is om jul kinders taktvol en liefdevol te bedank omdat hulle oop kaarte met julle gespeel het. Benadruk in opvolggesp­rekke dat julle nie jul kinders se toestemmin­g nodig het om ’n verhouding te hê nie, maar graag hul samewerkin­g wil kry om daarvan ’n sukses te maak.

Jy en jou geliefde moet nou as ’n span saamwerk.

Reël ’n geleenthei­d soos ’n braai om sy en jou kinders aan mekaar voor te stel. Sorg dat julle saam belangrike vierings soos verjaardae en Kersfees by die kinders bywoon. Moenie te dikwels afsonderli­k by hulle kuier nie.

Julle het albei jul plig nagekom om jul kinders groot te maak om as volwassene­s selfstandi­ge lewens te lei. Nou het die tyd aangebreek om saam jul goue jare te geniet. Julle hoef dit nie te probeer regverdig of verskoning daarvoor te maak nie. Vier die liefde!

‘Met so ’n gekomplise­erde verlies kan halwe of verdraaide feite groot skade doen. Maak dus seker van die feite’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa