Huisgenoot

Geen gewone doek nie

Gee jou kleinding die beste sorg danksy ’n plaaslike vervaardig­er wat groot dinge doen

-

LIL MASTERS-doeke word in SuidAfrika gemaak en bied jou en jou baba ’n doek wat aan al die vereistes voldoen. Versorg jou kleinding met ’n plaaslike handelsnaa­m wat met verbeterde kenmerke spog – en jou baba se gemak vooropstel.

Die doeke is uiters absorberen­d en sag en help jou om jou baba droog en gemaklik te hou. Dit dui aan hoe nat die doek is, het ’n spesiale jel in die kern wat natheid absorbeer en ’n dubbele laag om natheid egalig na die kern te versprei en te sorg dat jou baba langer droog bly.

Lil Masters se reeks weggooibar­e doeke gee ’n praktiese oplossing vir vuil, onwelrieke­nde en nat bababoude. Hul doelwit? Om ’n unieke handelsnaa­m te skep wat vir ouers net die beste produkte bied om babas droog, gelukkig en gesond te hou terwyl hulle die wêreld om hulle verken.

Die feit dat dit ’n Trots Suid-Afrikaanse produk is wat begrotings­vriendelik is, is ’n ekstra bonus. Dit beteken wanneer jy kies om Lil Masters-doeke te koop doen jy nie net die beste vir jou baba (en beursie) nie; jy doen ook jou deel vir die gemeenskap en help boonop met werkskeppi­ng. ’n Wensituasi­e!

Lil Masters is baie geesdrifti­g oor vernuwing en die skep van gehaltepro­dukte om jou baba en kleuter se ontwikkeli­ng met ’n reeks benodigdhe­de aan te vul wat ook ouers se lewe makliker maak. Dit is in pakke van 10, 25, 50 en 100 in groottes K, M, G en EG te kry.

Vind Lil Masters-doeke by kleinhande­laars en op rsamade.co.za. Besoek lilmasters.co.za vir nog inligting.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa