Huisgenoot

Nuut op die rakke

Ons flora en fauna is ’n ryk leesbron

- Deur ELNA VAN DER MERWE

WILD KAROO Deur MITCH REARDON (Struik Nature, R208*)

Die ondertitel beloof “A journey through history, change and revival in an ancient land”. Dis ’n net wat wyd gegooi is; dus weet ’n mens nie dadelik wat om te verwag nie.

Begin jy lees, sien jy dis in ’n neutedop die skrywer Mitch Reardon se reis van sowat 4 000 km deur die Karoo. Die voormalige wildbewaar­der wat nou ’ n fotograaf en skrywer is, fokus hier onder meer op natuurbewa­ring in dié streek, groot- en kleinwild, voëls, reptiele en ongewerwel­des, die flora, landskap en geologie, en planne om ou migrasiero­etes weer oop te maak om die mens se uitwerking op die omgewing te begin omkeer.

So begin Mitch: “In die lente van 2015 het ek begin met my reis van sowat 4 000 km deur die Karoo, Suid- Afrika se vreemd pragtige, hoogliggen­de sentrale plato. Terwyl ek diep deur die Karoo gereis het, het ek elke oggend wakker geword vol verwagting dat ek iets nuuts sou ontdek. Ek is amper nooit teleurgest­el nie.”

Hy skryf goed en sy reisjoerna­al lees soos ’n storieboek.

So vertel hy van die nag toe hy saam met Ben en Johnny Boy September, ’ n pa en sy seun van Marrick Safari buite Kimberley, rondgery het. Dié twee hoogs ervare wild- opspoorder­s spesialise­er in donkerte en oë wat skyn.

’ n Goeie teken van ’ n interessan­te nag wat voorlê, is toe hulle die Smithse rooiklipko­nyn aan hom uitwys – die eerste keer dat hy hom sien. Hy is nie skaars in die NoordKaap nie, maar dié skaam nagdiertji­e word selde gesien.

Mitch sonder die bronsvlerk­drawwertji­e uit van die voëls wat hy tydens die uitstappie gesien het, want dis ’n nagspesie waarvan nie veel bekend is nie. Dan was daar die kans om te kyk hoe ’n rooi jakkals in sy spore vries en net sy oë beweeg terwyl ’ n springhaas niksvermoe­dend aangestap kom. Hy slaan op net die regte tyd toe; ’ n blitssnell­e jaagtog volg tot die jakkals die haas plattrek dat die stof so staan.

Die hoogtepunt kom toe hulle ’ n “blackfoote­d cat” sien. Sy Afrikaanse naam is miershoopt­ier ( omdat hy dikwels in leë termiet hope woon), maar hy is in die werklikhei­d ’n volbloedka­t – weliswaar ’n kleintjie wat op sy swaarste net sowat 2,5 kg weeg. Dis ’ n skugter, kwaai diertjie. Die een wat Mitch gesien het, het juis net een oog, want die ander een het hy in ’n bakleiery verloor.

Wild Karoo is storie op storie met volop wetenskap en wetenswaar­dighede – ’ n 10-uit-10-leeservari­ng.

 ??  ?? BO: Mitch Reardon, die skrywer van Wild Karoo. REGS BO: Volstruise op die duine langs die Atlantiese Oseaan. REGS: Bontebokla­mmers by hul ma’s.
BO: Mitch Reardon, die skrywer van Wild Karoo. REGS BO: Volstruise op die duine langs die Atlantiese Oseaan. REGS: Bontebokla­mmers by hul ma’s.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa