Huisgenoot

DIE ELAND

-

Die eland is ’n baie belangrike simbool en die dier wat die meeste deur die San geteken is. Dis as ’n baie belangrike deel van die San se tradisione­le seremonies beskou. ’n Seun het byvoorbeel­d ’n volwassene geword wanneer hy sy eerste groot wildsbok, verkieslik ’n eland, gejag en doodgemaak het. Wanneer ’n meisie haar eerste maandstond­e gekry het, het sy in ’n hut bo-op dierevel gesit terwyl die ander vroue buite soos elandkoeie en die mans soos elandbulle dans. Wanneer ’n jong man met ’n vrou wou trou, het hy die vet van ’n eland se hart vir haar ouers gegee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa