Huisgenoot

HOE VRA JY HULP?

-

Paartjies moet gereeld eerlik gesels oor die verdeling van take, sê verhouding­skenners. Hier is Tina Thiart en Paula Quinsee se riglyne vir hoe jy hierdie moeilike gesprek produktief kan benader:

Kry die tydsbereke­ning reg. Moet dit nooit tydens ’n rusie doen nie, en sorg dat nie een van julle in ’n slegte bui of op die aanval is nie. Afspraakaa­nde is ’n goeie idee. Gaan uit en bespreek die dinge wat jou oorweldig – die meeste maats sal dan vra hoe hulle jou kan help.

Begin deur alles neer te skryf wat gedoen moet word en wie op die oomblik wat doen. Dit sal wanbalanse uitwys.

Sê waar julle albei hulp benodig gegrond op jul sterk punte en voorkeure. Dalk maak een van julle graag kos en die ander verkies om skottelgoe­d te was.

Wees prakties en neem mekaar in ag. Wie het byvoorbeel­d meer buigsaamhe­id met hul werk wat pendelafst­and of werkure betref?

Herken, waardeer en erken mekaar se bydrae. Julle is immers saam in die ding.

Is daar takies wat julle saam kan doen? Dit help skep die gevoel dat julle ’n span is en die taak sal soveel gouer klaarkom.

Erken dat as albei met take help daar meer tyd beskikbaar sal wees wat julle as paartjie kan deurbring.

As jou man handjie bysit, erken sy pogings eerder as om daarop te wys dat hy nie aan jou standaarde voldoen nie. Wat is belangrike­r: dat hy uithelp of dat hy iets 100% volmaak doen?

 ??  ?? GALLO IMAGES/GETTY IMAGES
GALLO IMAGES/GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa