Huisgenoot

BESSIEFILO­STAPEL

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 20 MIN. FILO 3 velle filodeeg 60 ml (¼ k) botter, gesmelt 30 ml (2 e) strooisuik­er VLA 500 ml (2 k) melk 60 ml (¼ k) vlapoeier 30 ml (2 e) mielieblom 60 ml (¼ k) suiker AFRONDING 500 ml (2 k) vars bessies van jou eie keuse (soos moerbeie, frambose en aarbeie) 125 ml (½ k) room, styfgeklop 30 ml (2 e) versiersui­ker Die bros filodeeg is heerlik saam met die verskeiden­heid vars bessies. Die deeg en vla kan vooraf gemaak en net voor ete afgerond word. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

1 Filo Verf ’n vel van die filodeeg met die botter. Plaas nog ’n vel deeg bo-op en verf weer met die botter. Plaas die laaste vel deeg bo-op en verf weer met die botter. Sprinkel die suiker oor die deeg. 2 Sny die deeg in reghoeke van 15 x 10 cm. Pak die deegblokke op die bereide bakplaat en bak 7-10 min. of tot goudbruin en bros. Haal die bakplaat uit die oond en laat heeltemal afkoel.

3 Vla Hou 60 ml (¼ k) van die melk eenkant en giet die res in ’n kastrol. Verhit die melk tot net onder kookpunt. 4 Meng die vlapoeier, mielieblom, suiker en orige melk goed. Giet die vlamengsel by die melk in die kastrol en verhit terwyl jy aanhoudend roer. Laat die mengsel prut tot dik. 5 Skep die vla in ’n spuitsak en plaas in die yskas om te verkoel.

6 Afronding Plaas ’n deegblok op ’n bord en spuit van die vla bo-op. Pak ’n laag bessies boop die vla en sit nog ’n laag deeg bo-op. Smeer van die geklopte room oor en pak nog bessies bo-op. Plaas nog een laag deeg bo-op en sif die versiersui­ker oor. 7 Maak nog stapels met die res van die deeg, vla, room en bessies. Sit dadelik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa