Huisgenoot

ALGEMENE DROME EN BETEKENISS­E

-

Jy word gejaag Dit is een van die algemeenst­e drome en kan iets simbolisee­r wat jy in jou daaglikse lewe ontken of probeer vermy.

Water Dit verteenwoo­rdig dikwels ons emosies. Die gehalte van die water – helder en kalm teenoor onstuimig en troebel – kan aandui hoe ons ons emosies hanteer.

Val As jy stadig val, kan dit daarop dui dat jy iets laat los. Maar as jy onbeheerba­ar van ’n groot hoogte afval, kan dit beteken jy voel jy het geen beheer in die lewe nie.

Vlieg Afhangend van hoe goed jy dit doen, hou die droom verband met hoeveel beheer ons voel ons oor ons lewe uitoefen en of ons in staat is om ons doelwitte te bereik.

Dood Dit word dikwels as negatief in drome beskou, maar dit hou gewoonlik met drastiese veranderin­gs verband – die einde van iets om vir die nuwe plek te maak. Naaktheid Dit kan op emosionele kwesbaarhe­id dui. Die liggaamsde­el wat ontbloot is, kan ons meer insig gee in die em emosie wat ons drome graag wil hê on ons moet verstaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa