Huisgenoot

SO KAN MANS DIE LAS HELP DRA

-

MAAK ’N PLAN Die kenner van genderkwes­sies Karen Graaff stel voor julle maak ’n lys van take en verdeel dit gelykop. Hy moet duidelikhe­id hê oor sy verantwoor­delikhede en hom daartoe verbind. Sy sê mans moet self met hul take tred hou sonder dat hulle daaraan herinner moet word.

SIT HANDJIE BY Sommige mans dink dalk omdat hulle nie kan kos maak nie, is dit nie nodig om in die kombuis te help nie. Maar dit hoef nie so te wees nie, sê Tina Thiart,

voorsitter van Women’s Net. Hy kan steeds help om die groente op te kap of die skottelgoe­dwasser te laai. Of nog beter: As sy vrou al die kookwerk doen, kan hy aanbied om al die kruidenier­sware te koop.

VERANDER HOE HULLE HUL ROL SIEN Tina sê mans moet begin optree soos gelyke vennote, veral wat kindersorg betref. Hulle dink dikwels dis genoeg om die kinders op te pas sodat hul vroue saam met vriendinne kan gaan fliek – maar wanneer die vroue te- rugkeer, is hulle weer aan diens en is dit hul werk om die kinders kos te gee, te bad en in die bed te sit. “Mans voel hulle help, maar dis nie genoeg nie.” Volgens Tina gaan dit nie net daaroor dat mans hul maats ’n blaaskans gee wanneer hulle uitgeput en op die randjie van ineenstort­ing is nie. Mans moet meer betrokke wees in die daaglikse werking van die huishoudin­g en nie van hul maats verwag om die las daarvan te dra om hulle te herinner wat om te doen nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa