Huisgenoot

Sy reik uit na haar pa, maar . . .

-

Meghan se vriendinne het ook gepraat oor haar moeilike verhouding met haar pa, die beligtingr­egisseur Thomas Markle (74). Volgens hulle het Meghan haar pa in ’n brief gesmeek om op te hou om haar in die openbaar te verneder.

“Pa, my hart is gebreek. Ek is lief vir jou. Ek het een pa. Hou asseblief op om my deur die media aan te val sodat ons ons verhouding kan herstel,” het sy glo geskryf.

Thomas – wat glo Meghan se telefoonno­mmer het, maar nooit met haar persoonlik probeer praat nie – het op haar brief gereageer deur ’n fotosessie te versoek.

“Meghan se gevoel daaroor was: ‘Dis die teenoorges­telde van wat ek sê. Ek sê vir jou ek wil nie deur die media kommunikee­r nie, en jy vra my om deur die media te kommunikee­r. Hoor jy enigiets wat ek sê?’ Dis uiters pynlik vir haar,” vertel ’n vriendin.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa