Huisgenoot

’NRINGVIRJ-LAW

-

Die tonge het begin klap nadat sy met ’n knoets aan haar trouvinger in ’n restaurant gewaar is. Kort voor lank het Jennifer Lawrence (28) se woordvoerd­er aan die skinderweb­tuiste Page Six bevestig: Sy en haar kunshandel­aarkêrel, Cooke Maroney (34), gaan trou.

Haar aanhangers is in die wolke oor die goeie nuus. “Dit was ’n tamaai steen. Hulle het gelyk of f hulle feesvier, en mense het daaroor gepraat,” het ’n ooggetuie vertel.

J-Law en die Brits gebore Cooke is in Junie verlede jaar die eerste keer saam gesien nadat hulle mekaar deur ’n gemeenskap­like vriend ont- moet het. “Cooke is smoorverli­ef op haar. Dit lyk beslis of hulle op lang termyn bymekaar is,” het ’n bron vroeër vanjaar aan Us Weekly gesê.

 ??  ?? VORIGE LIEFDESNic­holas Hoult ( 29) Hulle het hul romanse van vyf jaar in Augustus 2014 beëindig. Chris Martin (41) Hulle het tussen Augustus 2014 en n Augustus 2015 aan a an en af uitgegaan. Darren Aronofsky (49) Hulle het ’n jaar lank uitgegaan voor hulle in November 2017 uitmekaar is.
VORIGE LIEFDESNic­holas Hoult ( 29) Hulle het hul romanse van vyf jaar in Augustus 2014 beëindig. Chris Martin (41) Hulle het tussen Augustus 2014 en n Augustus 2015 aan a an en af uitgegaan. Darren Aronofsky (49) Hulle het ’n jaar lank uitgegaan voor hulle in November 2017 uitmekaar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa