Huisgenoot

JeugdigeJe­n vierhaar50­ste

Selfs Brad Pitt, haar eksman, het saam partytjie gehou

-

Slank en soepel in haar swart ooprugkatp­ak, met haar hare wat glansend oor haar skouers tuimel, het ’n stralende Jennifer Aniston gewys ouderdom is regtig net ’n getal.

Die aktrise het die groot 5-0 in styl gevier saam met haar beroemde vriende – en ’n paar van haar ekse. Die gaste, onder wie Ellen DeGeneres, Gwyneth Paltrow en Barbra Streisand, het die aand omgedans in die Sunset Towerhotel in Wes-Hollywood.

Tot almal se verbasing het Brad Pitt, Jen se eksman, ook by die makietie opgedaag. “Ons het gehoor hy’s genooi, maar hy was onseker of hy moes gaan of nie. Hy het nie geweet of hy diskreet sou kon in- en uitglip nie,” het ’n bron aan Daily Mail gesê. “Op die ou end het hy net vir sy bestuurder gesê om hom by die voordeur af te laai; hy het nie omgegee wie hom sien nie. Almal was geskok om hom daar te sien en het met hom gesels, maar hy het hom meestal eenkant gehou.” Jen het Brad glo omhels en bedank dat hy gekom het.

Ook die sanger John Mayer, met wie sy in 2011 uitgemaak het, was onder die gaste.

Vir Reese Witherspoo­n het die aand ietwat rampspoedi­g geëindig. Sy het by ’n trap afgeval toe sy by die partytjie weg is. Gelukkig het ’n hotelwerke­r haar gehelp en by ’n motor besorg. Sy en Jen verskyn saam in ’n nuwe televisiep­rogram wat nog ’n naam moet kry.

Die gaste het aan miniburger­s, taco’s en ’n vanieljela­agkoek met room en bessies weggelê. Dit was ’n volmaakte aand, vertel een van hulle. “Jen het so gelukkig gelyk; sy het gestraal. Die kos was fantasties en almal het gedans. Dit was net die lekkerste partytjie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa