Huisgenoot

Hayden se familiepro­bleme

-

HAYDEN PANETTIERE bring nie veel tyd saam met haar vierjarige dogter, Kaya, deur nie, en haar nuwe kêrel is dalk die rede daarvoor.

Pleks van tyd tussen haar ouers verdeel, woon klein Kaya 9 000 km weg van haar ma in Oekraïne by haar pa, die swaargewig­bokskampio­en Wladimir Klitschko (42).

Hayden (29) en Wladimir het einde verlede jaar ná amper ’n dekade saam hul verlowing verbreek.

Volgens ’n bron meen die voormalige Nashville-ster haar dogter is beter daaraan toe as sy by haar pa bly.

“Sy weet dis nou nie die beste ding vir Kaya om by haar ma te wees nie,” het die bron aan Us Weekly gesê. “Dis ’n hartseer situasie.”

Die “hartseer situasie” is dalk haar akteurkêre­l, Brian Hickerson (28), se skuld. Die aktrise se familie is glo ongelukkig oor die romanse.

“Dis nie ’n gesonde situasie nie,” het ’n bron voorheen aan Us Weekly gesê.

Die twee het einde verlede jaar met die gereg gebots nadat die polisie ontbied is om “’n aanranding­skwessie” tussen Brian en sy pa, David, te hanteer.

Maar Brian het vinnig die bewerings ontken dat sy meisie se familie oor haar besorg is.

“Laat ek dit duidelik stel: Hayden se vriende en familie is glad nie bekommerd oor haar nie,” het hy ná die voorval gesê.

 ??  ??
 ??  ?? Ishydalk dierede?
Ishydalk dierede?
 ??  ?? “Soet oomblikke saam met slapende babas.” Hayden het onlangs dié foto gedeel van haar en Kaya nadat hulle ’n dag saam deurgebrin­g het. Die twee sien mekaar deesdae nie veel nie.
“Soet oomblikke saam met slapende babas.” Hayden het onlangs dié foto gedeel van haar en Kaya nadat hulle ’n dag saam deurgebrin­g het. Die twee sien mekaar deesdae nie veel nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa