Huisgenoot

Hoekom Irina dit privaat hou

-

Die verhouding tussen die model Irina Shayk (33) en die akteur Bradley Cooper is nie ’n geheim nie. Bradley (44) het immers nie geskroom om sy beeldskone meisie tydens sy onlangse Baftaaanva­ardingstoe­spraak te bedank nie. Dié twee praat nie graag oor hul persoonlik­e lewe nie. Hulle het in 2017 ’n dogter, Lea de Seine Shayk Cooper, gehad en wil haar teen die kollig beskerm.

Irina het dit nou in ’n onderhoud aan Glamour UK probeer verduideli­k. “Ek het talle vriende wat baie van hul persoonlik­e lewe op Instagram of ander sosiale media deel. Ek bewonder dit en dink dis wonderlik, maar alles gaan oor persoonlik­e keuse,” het sy gesê. “Omdat my werk vereis dat ek in die openbare oog is, het ek net besluit my persoonlik­e lewe sal stil wees. Dis hoekom dit ‘persoonlik’ genoem word: Dis iets vir jou en jou gesin, en ek is gelukkig daarmee.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa