Huisgenoot

Sprokiespa­rty vir Angelique-tweeling

Angelique en Jacques het ’n sprokieste­mapartytji­e gereël vir hul tweeling se eerste verjaardag

- Deur JANA VAN DER MERWE

DIS ’n toneel so reg uit die verhaal Swanemeer, maar hier is nie net een swaan nie; sommer twee is in wording. Albei is boonop piepklein en kaalvoet. En pleks van veertjies is hulle uitgevat in wit gaasrokkie­s en goue krone met wit en pienk rosies wat op hul koppe pryk.

Hier op ’n lowergroen grasperk langs ’n waterstroo­m op ’n prentjiemo­oi landgoed in die ooste van Pretoria vier klein Annabella en Olivia Potgieter vandag hul eerste verjaardag saam met hul rugbyspele­rpa, Jacques (32), aktrisema, Angelique (35), ouboet, Jacques’tjie (2), en ’n groep hegte vriende en familie.

Angelique het die swanetema vir die partytjie gekies, want as kind was Die Lelike Eendjie een van haar gunsteling­stories, vertel die slanke ma van drie. “Ek is op skool so oor my rooi hare gespot,” vertel sy. “Ek het vas geglo ek is lelik, want die ander kinders het aldag vir my gesê hoe lelik ek is. Dié storie was vir my so ’n inspirasie dat ek altyd gehoop het ek sal ook eendag in ’n mooi swaan verander.”

Daardie droom is toe bewaarheid. Angelique het al verskeie kere op Huisgenoot se voorblad gepryk sedert sy bekendheid verwerf het as Clara in 7de Laan en die aanbieder van die TVprogram Boer Soek ’n Vrou.

Haar hare is deesdae in ’n kort bob gesny en is nou weer haar natuurlike vlamrooi nadat sy al as blondine en brunet op die kassie verskyn het.

Op haar tweeling se eerste verjaardag­partytjie is dié fyn raakvatter­ma die toonbeeld van elegansie in ’n kort wit katpak en wighakskoe­ne wat haar sonbruin bene beklemtoon.

Ballonne, komberse en strooikuss­ings in skakerings van wit, pienk en roosgoud verleen ’n piekniekat­mosfeer aan die viering. Annabella en Olivia het eintlik al die vorige dag (1 Februarie) verjaar, maar is vandag steeds in ’n partytjiel­uim. Toe daar voor elkeen ’n stuk vanielje-klapperkoe­k neergesit word, klim hulle gretig met hul babahandji­es in.

Elders is Jacques’tjie, ’n bulletjie van 26 maande, besig om ’n ballon te skop asof dit ’n rugbybal is. Met ’n pa soos Jacques, ’ n voormalige Blou Bul wat deesdae klubrugby in Toulon, Frankryk, speel, kan dit nie anders nie.

Toe die twee swaneprins­essies mekaar met verjaardag­koek begin besmeer, gryp hy in. Die donkerkopr­eus klink nes enige moedelose pa toe hy vriende vertel: “Angelique brag graag by mense: ‘Kyk hoe mooi is my kinders,’ maar sodra hulle iets verkeerds doen, sê sy gou: ‘Kom, Jacques, kyk wat jou kinders doen!’ ”

DIÉ partytjie is as’t ware die Potgieterg­esin se swanesang voor hulle Frankryk toe terugkeer ná ’n twee weke lange kuier in Suid-Afrika.

Om die ma van drie kleingoed te wees wat almal nog in doeke is, en dit boonop in ’n vreemde land, is ’n uitdaging, erken Angelique toe ons twee dae voor die partytjie by die Potgieters se Pretoriase tuiste – ’n ruim gesinshuis in ’n sekuriteit­skompleks – gesels.

Hulle kan gelukkig net die deur van hul huis toetrek wanneer Jacques weer in die buiteland gaan rugby speel. Die tweeling is verlede jaar op eie bodem gebore in die tyd toe hy vir die Blou Bulle uitgedraf het, maar sedert verlede Julie speel hy vir die Toulonrugb­yklub.

Hul eersteling het weer sy eerste lewenslig in Japan aanskou toe sy pa daar vir die Munakata Sanix Blues-klub in die stad Fukuoka gespeel het.

Tussendeur het Angelique aan haar loopbaan bly woeker. Nadat Jacques jr. gebore is, was sy te sien in haar eie VIA-werklikhei­dsreeks, Angelique & Jr. En ná die tweeling se geboorte was sy die aanbieder van die kykNET-program Dans in Jou Taal. Sy het ook verlede jaar aan die fliek Vat ’n Kans gewerk. Dié fliek is in Januarie as deel van die kykNET-reeks Jou Sondag Drama uitgesaai.

“Dis soveel as wat ek met drie kinders

Op haar tweeling se eerste verjaardag­partytjie is dié fyn raakvatter­ma die toonbeeld van elegansie

 ??  ?? Angelique en Jacques Potgieter het saam met hul seuntjie, Jacques jr., die tweeling Olivia (links) en Annabella se eerste verjaardag in vrolike styl gevier.
Angelique en Jacques Potgieter het saam met hul seuntjie, Jacques jr., die tweeling Olivia (links) en Annabella se eerste verjaardag in vrolike styl gevier.
 ??  ?? Angelique, saam met Annabella (voor) en Olivia (in haar arms), het ’n jolige tyd op die swanetemap­artytjie gehad. Die skattige meisies was in vervoering oor die pienk, wit en roosgoue ballonne.
Angelique, saam met Annabella (voor) en Olivia (in haar arms), het ’n jolige tyd op die swanetemap­artytjie gehad. Die skattige meisies was in vervoering oor die pienk, wit en roosgoue ballonne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa