Huisgenoot

Vryers skryf aan brandweerm­an Carlo

Aspirantvr­yers het ywerig aan Boer Soek ’n Vrou se brandweerm­an geskryf

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY

DIS nie elke dag dat mens die geleenthei­d kry om Kupido te speel nie – veral nie vir iemand wie se droom oor ’n romanse met ’n donkerkopb­oervrou op nasionale televisie kortgeknip is nie. Maar dis presies hoekom ek vandag hier aan die aantreklik­e Kaapse brandweerm­an Carlo Mazzoncini se woonstelde­ur in Bellville klop.

In Desember het hy ons vertel van sy teleurstel­ling nadat dinge tussen hom en die plaasnooi Toanette Els, van Modimolle in Limpopo, nie uitgewerk het in die 11de seisoen van die kykNET-maatsoekpr­ogram Boer Soek ’n Vrou nie. Hy het sy y hart teenoor haar oopgemaak pg in sy inskrywing­sbrief, en sy het hom plaas toe genooi – maar toe is hy die eerste om huis toe gestuur te word. Terwyl Carlo se stukkende hart moes heel word, het Toanette liefde gevind by een van die ander deelnemers, die boer Nardus van Wyk.

“Kom in,” nooi die 31-jarige Carlo met sy skitterwit glimlag ons binne. Hy is in ’n T-hemp en kortbroek geklee, want hy gen niet eindelik ’n rusdag nadat hy weke la lank moes swoeg om die bergbrande by B Bettiesbaa­i en omstreke te help stuit.

Maar ons is nie hier om oor die brande t te praat nie. Sy blou oë vonkel toe ek die g groot koevert aan hom oorhandig. En g’n wonder nie. Dis propvol briewe – en dié keer skryf die aspirantvr­yers aan hóm!

Lesers sal onthou Carlo het met ons v vorige kuier ingestem dat Huisgenoot h hom help om liefde te vind. Dis immers n nie maklik om meisies te ontmoet as jy la lang en ongereelde ure werk om brande t te blus en noodreddin­gswerk te doen nie.

Huisgenoot het lesers genooi om aan Carlo te skryf – en julle het. Vier weke la lank het die briewe by ons Kaapse redaks siekantoor ingestroom.

“Sjoe,” sê Carlo verleë terwyl hy deur die tientalle briewe kyk. Nooit het hy so baie reaksie verwag nie. “Ek sou bly gew wees het as daar net een of twee was.”

Pretoria, Rustenburg, Wellington, Herm manus . . . van oral het vroue geskryf.

“Ek wil iemand ontmoet wat bereid is om sy alles te gee, want ek gee my alles in ’n verhouding,” skryf een. “Jy is soos ons eie Brad Pitt,” laat ’n ander van haar hoor. “Al die vroue sê hulle loveamanin­uni

form,” skerts Carlo. “Maar hulle moet kom kyk wanneer ons werk en sweet, of hulle dan steeds so baie van ons hou!”

Die goeie nuus vir die briefskryw­ers is dat dit hom glad nie afskrik dat party so ver weg woon nie. “Met Boer Soek ’n Vrou was ek bereid om noorde toe te gaan. ’n Mens weet nooit wat kan gebeur nie.”

Hy wil almal verseker: Hy takseer niemand op hul baadjie nie. Hy gaan eers noukeurig lees vóór hy na die foto’s kyk.

“Ek sal aan al die briewe die moeite en aandag gee wat dit verdien, want ek weet hoe dit voel om jouself in ’n brief uit te lê en jou hart daarin te sit,” sê hy ernstig.

“Ek voel oorweldig, maar ek voel baie geseënd, want dit beteken hierdie mense het iets in my raakgesien.”

En kort voor ons druktyd het Carlo laat weet hy het beslis potensiaal onder die briefskryw­ers raakgesien. “Ek het deur al die briewe gelees en waardeer almal se moeite,” benadruk hy. En gaan hy binnekort op ’n afspraak? Ja, bevestig Carlo. “’n Ete-afspraak . . .” Sal Carlo eersdaags weg van die kameras af ware liefde vind? Ons hou asem op vir die volgende episode.

 ??  ?? Carlo Mazzoncini het briewe van oor die hele land ontvang nadat Huisgenoot lesers genooi het om vir hom te skryf.
Carlo Mazzoncini het briewe van oor die hele land ontvang nadat Huisgenoot lesers genooi het om vir hom te skryf.
 ??  ?? Carlo, ’n brandweerm­an van Bellville, het verlede jaar aan Boer Soek ’n Vrou deelgeneem, maar is steeds op soek na Die Een.
Carlo, ’n brandweerm­an van Bellville, het verlede jaar aan Boer Soek ’n Vrou deelgeneem, maar is steeds op soek na Die Een.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa