Huisgenoot

Laaste Knysna-olifant – so alleen

Sy is die laaste waarlik wilde grootvoet in Suid-Afrika – en so alleen

- Deur HEATHER DUGMORE / Business Day

NET ETeenolifa­ntbly een olifant bly indie in die Knysnabos en omliggende fynbos oor: ’n volwasse koei.

Dié ontdekking gaan met groot hartseer en tragedie gepaard, want sy is die laaste waarlik wilde, vrylopende olifant in Suid-Afrika en die suidelikst­e ter wêreld.

Die bevinding is onlangs gepublisee­r in And T hen T here Was O n e ,’ n wetenskapl­ike artikel deur voorste soogdierwe­tenskaplik­es. Dit volg nadat’ n opname met 72 statiese infrarooik­ameras wat elke dag 24 uur lank aan was van Julie 2016 tot Oktober 2017 in die Knysnaolif­ant verspreidi­ngsgebied gedoen is.

Dié gebied strek oor 185 km² en sluit die Tuinroete- Nasionale Park, privaat kommersiël­e bosplantas­ies en privaat bosgrond in.

Die Knysna-olifante het nog altyd seisoenaal langs duidelik afgebakend­e paaie tussen weikolle en water in dié gebied beweeg.

““’nDebat ’n Debat oor hoeveel h Knysna-olifante daar is, heers nou al jare lank, want hulle is moeilik om te sien of op te spoor,” sê Graham Kerley, direkteur van die sentrum vir Afrikabewa­ringsekolo­gie aan die Nelson Mandela-universite­it, een van die soogdierna­vorsers wat aan die studie deelgeneem het en ’n medeskrywe­r van die artikel.

“Om te bevestig dat daar net een Knysna-olifant oor is, is vir baie ’n skok, want hulle is omring deur ’n aura van mistiek en mitologie wat deur hul skugterhei­d en stories soos Dalene Matthee se Kringe in ’n Bos aangevuur is.”

Vir die opname is die 72 kameras op 38 plekke binne die olifantver­spreidings­gebied geplaas. Dié kameras is gestel om hoëgehalte­beeldmater­iaal af te neem met ’n tussenpose van een sekonde lank tussen opeenvolge­nde foto’s en ’n vertraging van twee sekondes tussen videogrepe. Die kameras is vasgemaak op ’n hoogte van 1-1,5 m aan bome binne 1 m vanaf die paaie wat olifante gebruik.

Onlangse tegnologie­se verbeterin­gs in kamerastri­ktegnologi­e maak dit ’n betroubare metode wat algemeen in ekologiese studies ingespan word.

“Die kameras was elkeen 15 maande lank aktief en het in dié tyd die gebied eweredig gedek om te sorg dat geen leemtes voorkom waar olifante dalk ongemerk woon nie,” sê Lizette Moolman, ’n Sanparke-wetenskapl­ike en een van die navorsers wat aan die studie gewerk het. Altesaam 5 195 olifantfot­o’s en -videogrepe (15 tot 30 sekondes elk) is in 144 vaslegging­sgebeurten­isse vasgelê.

Op al die foto’s en video’s is net een volwasse koei geïdentifi­seer met ’n ronde lyf en effens geplooide voorkop wat ’n unieke, maklik herkenbare patroon vorm.

“Sy is sowat 45 jaar oud en beweeg in die inheemse bos- en fynbosgebi­ede op Sanparke- en naburige privaat grond,” sê Lizette.

Olifante het unieke individuel­e liggaamlik­e kenmerke, byvoorbeel­d oorkeeppat­rone en slagtandvo­rms en -groottes, wat hulle individuee­l identifise­erbaar maak. Benewens die koei se

vorm en voorkop het sy unieke tandvormig­e oorkeeppat­rone en taamlik wydgesette, asimmetrie­se en ongeskonde slagtande met die linkertand hoër as die regter.

“Die wrede werklikhei­d is dat daar nie meer ’n bevolking van Knysna-olifante is nie. Al die mistiek om hulle is gereduseer tot ’n enkele olifant wat in taamlik tragiese omstandigh­ede oorbly,” sê Graham.

Olifantkoe­ie is nie veronderst­el om alleen te wees nie – hulle bring hul lewe saam met familie-eenhede van koeie en hul kalwers deur.

Die foto’s onthul dat hoewel sy ’n volgroeide koei is sy nie ontwikkeld­e borste het nie omdat sy nie dragtig is of soog nie. Haar verskrompe­lde melkkliere dui daarop sy het baie lank laas, indien ooit, gekalf.

Graham sê sy blyk in ’n betreklik goeie toestand te wees, met die uitsonderi­ng van haar geswelde temporale klier met oormatige temporale afskeiding. Dié afskeiding kan daarop dui dat sy stres ervaar, moontlik omdat sy alleen is.

“Met hierdie faktore in ag genome, is die debat oor hoe ons die bevolking laat uitsterf het en hoe die laaste olifant bestuur moet word baie emosioneel en ernstig, want sy is ’n simbool van hoe ons biodiversi­teit as ’n geheel behandel,” sê hy.

“Dis die verantwoor­delikheid van die samelewing, want ons het die olifante, wat eintlik savanneoli­fante is, by onherbergs­ame boshabitat­te ingedwing weens honderde jare waarin hulle gejag en uit hul natuurlike habitat verjaag is.”

Die blare van die Knysnabosb­ome bevat min proteïen en baie vesel – ’n voedselbro­n van swak gehalte. Die grootste deel van die bosdak is 30-40 m hoog en buite bereik vir weiding.

Die afleiding is dat die Knysna-olifante hul dieet aan die bosrand en in die fynbos moes aanvul.

Histories het die Knysna-olifante in hul duisende as ’n aaneenlope­nde bevolking honderde kilometers al langs die SuidKaapse kus geswerf. Hulle het tot ruigtes, fynbos en Karoohabit­at toegang gehad.

Oor die afgelope 300 jaar of wat is hulle weens vervolging en menslike indringing gedwing om as ’n vlugteling­bevolking in die bos te skuil. Teen 1876 was die duisende Suid- Kaapse en Knysna-olifante volgens die amptelike verslae van bosbewaard­ers tot 400-500 diere verminder. In 1920 het maj. P.J. Pretorius die laaste bekende wettige jagtog op Knysna-olifante uitgevoer. Hy het ’n permit gehad om een olifant dood te maak, maar vyf is in die proses dood en die olifante het tot sowat 13 verminder. Teen 1970 was daar net 11 (’n opname deur die Natuurlewe­vereniging); teen 1981 drie (rekords van die departemen­t bosbou).

In 2007 het ’n DNS-ontleding van olifantmis ’n toename tot vyf olifantkoe­ie, ’n kalf en ’n teelbul getoon. Maar dié soort opname bied net statisties­e ramings van bevolkings­grootte en nie die werklike telling nie; dit doen die kamera-opname wel. Noukeurige opvolgtell­ings is afgeskeep, en nou het ons net een oor.

Sy kan tot 65 jaar oud word, wat vir olifante normaal is, en sy kan nog 20 jaar lank in die bos wees – maar dis onmoontlik om te voorspel.

“Dit is ’n reusagtige uitdaging om haar te bestuur, want sy is baie sku en vermy mense,” sê Graham. “Dit is nie haalbaar om savanneoli­fante van ander bevolkings – van die Addo-olifant- Nasionale Park of Krugerwild­tuin – in die bos in te voer nie. Dit is in September 1994 met drie jong Kruger-olifante probeer en het misluk. In minder as ’n maand is een aan stresverwa­nte longontste­king dood. Die ander twee het die bos verlaat, konflik veroorsaak en moes op die ou end na die Shamwari-wildreserv­aat verskuif word.”

“Die laaste Knysna-olifant het dieselfde genetika as die Addo- en Krugerbevo­lking; dus ontstaan die vraag of sy uit die bos na ’n trop verskuif moet word. Die opsie om haar te vang en na êrens anders te verskuif sal vir haar gevaarlik wees. Ons weet nie eens of dit vir haar van waarde sal wees nie aangesien sy net die bos ken en dalk nie in ’n ander gebied by ander olifante sal kan aanpas nie.”

Dieselfde geld vir enige pogings tot kunsmatige bevrugting. Dis te gevaarlik, en as op dié oplossing besluit word, sal dit beter wees om haar na ’n ander olifantbev­olking te verskuif. Maar dit sal vir haar te traumaties wees, sê Graham.

Hy sê ’n belangrike stem waarna geluister moet word in die besluit oor haar bestuur, is die mense van Knysna. Hulle sal waarskynli­k nie wil sien dat sy die bos verlaat nie. “Dit kom neer op ’ n samelewing­sbesluit, want dis nie meer ’n bevolkings­besluit nie; dit gaan oor die laaste Knysna-olifant se welstand. My mening is dat ons haar met rus moet laat.

“Hopelik het ons mense ’n nare les geleer, want dit is per slot van sake ons skuld dat ons hier met die laaste olifant sit. Sy is die metafoor vir ons behandelin­g van alle spesies wat saam met ons op die planeet woon.

“Die gesegde ‘die olifant in die vertrek’ kon nie meer gepas gewees het nie; sy sê vir ons ons maak groot foute en ons gaan baie meer as sy verloor as ons nie die waarde wat ons aan biodiversi­teit heg en hoe ons dit bestuur, verander nie.” HIERDIE ARTIKEL HET EERS IN BUSINESS DAY VERSKYN.

‘Sy is die metafoor vir ons behandelin­g van alle spesies wat saam met ons op die planeet woon’

 ??  ??
 ??  ?? Die enigste gro grootvoet wat glo nog in die Kn Knysnabos oor is, is ’n volwasse ko koei wat sowat 45 jaar oud is. Sy is die enigste olifa fant wat tussen Ju Julie 2016 en Okto tober 2017 in die bo bos gewaar is.
Die enigste gro grootvoet wat glo nog in die Kn Knysnabos oor is, is ’n volwasse ko koei wat sowat 45 jaar oud is. Sy is die enigste olifa fant wat tussen Ju Julie 2016 en Okto tober 2017 in die bo bos gewaar is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa