Huisgenoot

Verslankin­gsmites nek omgedraai

Nadat sy jare lank vergeefs diëte gevolg het, wou Nadja Hermann tou opgooi. Maar toe sy die skaal op 150 kg laat kreun, het sy besef sy sal iets drasties moet doen. Sy was vasbeslote om haar ou foute te vermy en nuwe maniere te vind. In die proses het sy

-

VANDAT ek kan onthou, is ek oorgewig. As tiener het ek elke dieet onder die son beproef en soms gewig verloor, maar dit net weer aangesit. Op die ou end het ek besluit die sogenaamde “normale” gewig is net nie vir my realisties nie. Dit sou ’n lewe van permanente hongerte beteken. Ek het ook besluit dis onnodig om so ’n lewe te lei: Oortollige gewig word sonder rede as ’n onding beskou. Ek is dalk vet, maar ek rook of drink nie en ek eet nie kitskos of rooivleis nie. En ek is fiks. Ek het besluit om aan ander dinge voorkeur te gee. Ek het as ’n psigoterap­eut gekwalifis­eer, getrou en ’n ou huis begin opknap. Op 30 het ek die skaal op 150 kg laat kreun. Wanneer mense my daaroor uitgevra het, het ek gesê ek is gemaklik met my gewig en wens net ek kan ’n bietjie fikser wees. Maar in dié stadium het ek heimlik ’n vetsugklin­iek as buitepasië­nt besoek en ’n maagkramop­erasie oorweeg. Ek het later daarteen besluit en my selfs meer verdiep in die denkskool wat voorgee dis nie regtig nadelig om oorgewig te wees nie.

My dokter het nooit oor my gewig gepraat nie, al was my bloeddruk hemelhoog. Ek het my gereelde rugpyn en slapeloosh­eid geïgnoreer.

Dit het so aangegaan tot ek eendag gegly en my knie beseer het. Toe het ek nog ’n ongeluk gehad terwyl ek besig was om ons huis op te knap. Ek het maande lankmankge­loop, entoegebeu­rditweer.

Ná meer as ’n jaar van pyn en beperkte beweeglikh­eid het ek ineengesto­rt. Ek het besef my gesondheid het die afgelope

jare agteruitge­gaan terwyl ek ál meer gewig aangesit het. En ek het geweet as ek so aangaan, sal ek binne ’n paar jaar nie kan loop nie. Iets moes verander.

Vir die eerste keer het ek bewustelik oor my eetgewoont­es begin dink en nagelees oor genetika, metabolism­e, diëte en vetsug. Al het ek tevore oor die onderwerp gelees, het ek dit selektief gedoen. Maar nou het ek die 95% van die navorsing verken waarvoor ek my voorheen blind gehou het. Ek het op die uitdrukkin­g “vetlogika” afgekom en dadelik daarby aanklank gevind. Dit beteken nie “die logika van vet mense” nie, maar verwys na die ingewikkel­de mengelmoes van sogenaamde mediese feite, welmenende raad, gefabrisee­rde idees en fantasieë wat gewigsverl­ies nie net moeilik maak nie; dit maak dit onmoontlik.

Ek beskou myself nie as onnosel of naïef nie. Ek het nog altyd dinge bevraagtek­en; ek het ’n doktorsgra­ad en ’n belangstel­ling in die wetenskap. Maar steeds het ek soveel van die vetlogika geglo, waarskynli­k omdat ek altyd daardeur omring was. My ouers was vetsugtig, nes drie van my grootouers. Van kleins af het ek gehoor ons familie het “vet gene” en my metabolism­e is “foutief ”.

Om die denkfoute reg te stel wat ek my lewe lank gemaak het, was ’n lang en pynlike proses. Maar in die volgende jaar het ek dit prakties begin toepas.

Ek het my kilojoule-inname beperk en meer beweeg. Binne ’n jaar het ek in die gewigs kategorie vir my lengte (1,75 m) geval, en ’n paar maande later het ek 63 kg geweeg – die minste sedert ek 12 of 13 was.

Gesprekke met ander het my laat besef vetlogika is nie net ’n probleem vir vet mense nie; ek het nog nooit ’n mens ontmoet wat dit volkome vrygesprin­g het nie. Hier is van die hardnekkig­ste mites.

Ek kan nie gewig i verloor rloorl nieweeni nie weens ’n trae metabolism­e

’n Algemene denkfout is dat mense se metabolies­e tempo hemelsbree­d van mekaar verskil. Verskeie faktore beïnvloed die hoeveelhei­d energie wat ons nodig het, maar die vernaamste­s is liggaamsma­ssa en waaruit daardie massa bestaan. Trouens, ’n mens se energiever­bruik kan betreklik akkuraat bereken word deur sekere formules te gebruik.

Al inligting wat jy benodig, is jou lengte, gewig, geslag en benaderde daaglikse aktiwiteit­svlak. Jy kan jou basale metabolies­e spoed (BMS) maklik aanlyn bereken. Dit sal jou wys hoeveel kilojoules jy benodig as jy heeldag sou rus.

Jou BMS sal waarskynli­k iewers tussen 5 857 en 8 368 kJ per dag wees – mits jy in een van die twee uiterse kategorieë baie hoë of baie lae liggaamsma­ssa val. Die waarheid is dat die meeste mense veel meer kilojoules per dag inneem as wat hulle benodig.

Dit kom daarop neer dat wanneer jy ’n dieet volg en jouself tot 4 184 kJ per dag beperk dit feitlik onmoontlik is om nie gewig te verloor nie. Die vraag is: Eet jy so min as wat jy dink? Oorgewig mense is geneig om die kilojoule-inhoud van hul kos te onderskat.

Ondanks die cliché dat vet mense hulle aan kitskos vergryp, was my gunsteling­maaltyd altyd ’n groot mengelslaa­i met salm. Ek het dit gereeld geëet, en as ek die energie-inhoud moes skat, sou ek geraai het dis sowat 2 000 kJ. Toe ek eindelik al die bestanddel­e weeg en die werklike telling bereken, ontdek ek die slaaisous alleen bevat 1 250 kJ.

Die getal kilojoules in die slaai self – tamatie, komkommer, rooi soetrissie en blaarslaai – was binne perke. Maar die mozzarella­kaas het die totaal aansienlik opgestoot, en omdat die salm gebraai was, was die kilojoulet­elling vir die maaltyd meer as 6 000 kJ – drie keer soveel as my skatting en soveel energie as wat ’n petite, slanke vrou die hele dag benodig.

Mense kan hulle lelik met hul inname misreken. In ’n studie in 1992 is mense ondersoek wat as “dieetweers­tandig” beskryf is. Hulle het beweer hulle kan nie gewig verloor nie, selfs al beperk hulle hul kosinname. Hulle is gevra om dagboek van hul voedselinn­ame te hou. Uit dié dagboeke het geblyk hulle onderskat hul deursneeki­lojoule-inname met 47% en oorskat hul fisieke aktiwiteit met 51%.

Die waarheid is enigeen wat meen hulle “eet nie eintlik so baie nie” en steeds onverklaar­baar gewig aansit, het nie ’n probleem met hul metabolism­e nie; hulle het ’n groot wanperseps­ie van hul eetgewoont­es.

Om oorgewig te wees is nie so sleg vir jou nie

Dit is die vetlogika-argument wat ek die gereeldste teëkom en wat ek self baie jare lank geglo het. Wanneer ek terugdink, is dit ook die een waaroor ek myself die meeste wil skop. Ek het altyd volgehou ek het ’n rasionele besluit oor my gewig geneem, maar ek het onder twee wanindrukk­e verkeer: dat dit uiters moeilik is om ’n normale gewig te bereik en te handhaaf, en dat dit in elk geval nie soveel voordele inhou nie. Nou voer ek net mooi die teenoorges­telde aan wanneer ek ook al die kans kry. Dit gaan nie daaroor of jou boude beter in ’n grootte 36 of 42 lyk nie. Dit gaan eerder oor wat in ons lyf aangaan en oor hoe dit ons lewensgeha­lte beïnvloed. Vetsug is ’n bietjie soos rook: Die kankergewa­sse begin nie dadelik ná die eerste sigaret groei nie. Vir iemand wat van nature vir longproble­me vatbaar is, neem dit dalk vyf jaar. Iemand anders se longe kan dalk 50 jaar van aanhoudend­e skade verduur. Maar net omdat die skade onsigbaar is, beteken dit nie dis nie daar nie. Met ’n ontleding van die langtermyn­gevolge van vetsug in 2013 was die spesifieke doel om soge sogenaamde “gesonde vetsugtige” mense te ondersoek. ’n Vergelykin­g tuss tussen gesonde mense met ’n normale norma gewig en gesonde maar vetsu vetsugtige mense het getoon laasgenoem­de laa groep loop ’n beduidend groter gevaa gevaar om vroeër te sterf of ka kardiovask­ulêre siektes te ontwikkel. Die w wetenskapl­ikes wat d die ondersoek uitg gevoer het, het tot d die gevolgtrek­king g gekom dat die v veronderst­elling d dat jy “vet maar fi fiks” kan wees net ’n m mite is. ’n Ondersoek van 20 2015 het daardie uitslag bevestig. Dit het soge sogenaamde gesonde vetsug vetsugtige mense 20 jaar lank gevolg gev en gewys meer as die helfte helf van hulle het in daardie tyd ongesond o vetsugtig geword. Hul risiko risi om siek te word was agt keer so ho hoog as die gesonde groep met ’n normale normal gewig. Onder die risiko’s tel diabetes diabetes, kardiovask­ulêre ka siektes, kanker, slaapapnee, artritis of gewrigspro­bleme, vrugbaarhe­idsproblem­e, asma, rugpyn, inkontinen­sie, jig en beroerte.

Oorgewig is geen remskoen vir my nie

Vir ’n lang ruk het ek myself oortuig om oorgewig te wees het nie juis ’n negatiewe uitwerking op my lewe nie. Ek het die gehyg onderdruk wanneer ek die trap klim sodat ek vir myself kon sê ek sukkel glad nie om drie verdieping­s op te stap nie.

Ons samelewing maak dit vir ons baie maklik om onsself om die bos te lei. Mense wat gereeld oefen, word as “fiksheidsl­awe”, “sportfanat­ici” of iets soortgelyk­s beskou, terwyl “gewone” mense dié is wat ’n fisiek onaktiewe lewe lei.

Noudat ek die vermoëns van my geoefende lyf kan vergelyk met waartoe ek voorheen in staat was, besef ek hoe ver van optimaal my fiksheidsv­lak regtig was. Ek sê nie daar is nie oorgewig mense wat baie oefening doen nie. Maar ek kan my voorstel baie mense eet soortgelyk­e verwronge opvattings vir soetkoek op: Ek het altyd selfs betreklik normale dinge as “groot sportprest­asies” beskou.

Dieselfde geld vir die prestasie wat Ragen Chastain, die leier van ’n beweging wat vetsug “aanvaarbaa­r” wil maak, behaal het. In 2013 het sy – wat ’n uiters vetsugtige liggaamsma­ssa-indeks het – ’n marathon voltooi en ’n artikel, My Big Fat Finished Marathon, gepublisee­r. Sy skryf hoe sy ná vyf maande van oefening 42 km in 12 uur en 20 minute afgelê het.

Dit is wel ’n prestasie vir ’n vetsugtige mens om ’n marathon op een slag te stap. Maar Ragen se gemiddelde spoed van minder as 3,5 km per uur is veel stadiger as die normale stapspoed. Die laaste deelnemer wat die wedloop etlike ure voor haar voltooi het, was ’n vrou in haar 70’s. Die marathon het ure voor Ragen die eindstreep oorgesteek het amptelik geëindig – die paviljoene was toe reeds weggepak.

Toe ek 150 kg geweeg het, was selfs gemiddelde sportprest­asies vir my so waarskynli­k soos om Olimpiese rekords te verbeter. Die eerste paar maande was ek trots daarop om mylpale te bereik soos om ’n halfuur aaneen te kan stap

sonder ’n ruspouse of om die eerste keer in jare 20 minute op ’n fiets deur te bring.

Dit is goed om trots te wees op jou vordering. Maar om jou ondergemid­delde prestasie as ’n rekord te verklaar en dus aan te voer enige verbeterin­g is onnodig, sal jou – en ander – verhoed om oortollige (en gevaarlike) gewig te pak.

My familie en vriende dink nie ek hoef gewig te verloor nie

Dié stelling is net vetlogies vir diegene wat nie oorgewig is nie of vir wie enige gewigsverl­ies sou beteken dat hulle ondergewig word. Toe ek 150 kg geweeg het, het niemand gesê dit sal ’n goeie idee wees as ek gewig verloor nie. My gewig was die olifant in die vertrek waaroor niemand gepraat het nie – tot ek dit self aangeroer het.

Ek het my eerste 40 kg heimlik afgeskud sonder dat iemand dit opgemerk het. Toe ek 105 kg weeg, het almal skielik agtergekom ek het gewig afgeskud. Op meer as 100 kg was ek steeds in die vetsugkate­gorie, maar ander het dit heel anders beskou. Van alle kante is opgemerk dat ek sekerlik nie nog gewig wil verloor nie? Ek is seker nou klaar met my dieet?

Een van die bure wat my sien tuinmaak het, het my man bekommerd gevra hoeveel ek nou weeg en gesê hy moet asseblief sorg dat ek meer eet. Toe ek ’n kollega op straat raakloop, het sy half skertsend gevra wanneer anoreksie by my gediagnose­er gaan word.

Dit was ironies: Toe ek op 150 kg siek en amper bedlêend was, het niemand ooit gesê hulle is besorg oor my gewig of kommentaar daarop gelewer nie. Maar toe ek 40 kg verloor, weer kon loop en beter voel as wat ek in jare gevoel het, het mense hulle oor my gesondheid begin bekommer. Dit was asof my lyf skielik ’n openbare forum geword het nadat dit jare lank ’n taboe onderwerp was.

Hoekom is dit so sosiaal aanvaarbaa­r om mense oor gewigsverl­ies te kritiseer? Want die meeste mense weet nie hoe oorgewig lyk nie. In ’n Britse ondersoek is vetsugtige mense gevra om hulself te beoordeel: Net 11% van die vroue en 7% van die mans was hoegenaamd daarvan bewus dat hulle vetsugtig is. Gene skep ’n basiese situasie, maar dit verplig niemand om vet te wees nie. Dinge wat werklik deur genetika verklaar kan word, is eetlus, voorkeure vir sekere geure (soos soet of vetterig) en die drang om fisiek aktief te wees.

Verskeie ondersoeke het gewys draers van die sogenaamde “gene vir vetsug” neem gemiddeld 500 tot 1 100 kJ per dag meer in, maar hul metabolies­e tempo verskil nie van mense sonder daardie gene nie. Om te sê party kinders het ’n genetiese neiging tot vetsug beteken net hulle het ’n groter aangebore eetlus as kinders wat van nature skraal is en minder dikwels honger voel.

Maar die deurslagge­wende faktor by kinders se geneigdhei­d om vet te wees of nie, is die toestande wat deur hul ouers en die res van hul omgewing, byvoorbeel­d kosblikke, geskep word. Dit kan vetsug aanmoedig of ontmoedig.

Kinders wat in ’n huis grootword waarin kos met baie kilojoules voortduren­d beskikbaar is, sal nie noodwendig vet word as hulle vanweë hul genetika van nature ’n klein eetlus het nie. Daarenteen sal kinders met ’n natuurlike groot eetlus die beskikbare kos verorber.

Maar ondersoeke het gewys kosvoorkeu­re is nie onoorkomba­ar nie. In ’n proefnemin­g is die breine van vetsugtige mense en dié met ’n normale gewig geskandeer om hul reaksie op kos waar te neem. Die beloningse­ntra in die vetsugtige­s se breine het ’n sterk reaksie op kosse met baie vet soos kitskos en lekkers getoon. Die toets is herhaal nadat hulle ’n paar maande lank ’n gesonde laekilojou­le-dieetplan gevolg het. Toe het die beloningse­ntrums in die vetsugtige­s se brein sterker op dié kosse gereageer.

Op die ou end baan ons gene net die weg wat ons sal volg as ons nie doelbewus daarna streef om ’n ander koers in te slaan nie, al kan dit baie moeite verg. Maar daardie moeite is net tydelik: Wanneer ons eers aan ons nuwe gedrag gewoond is, kan ons maklik daarmee voortgaan. Hoe is my lewe noudat ek my doelgewig handhaaf? Dit het ’n wonderlike uitwerking op my lewe gehad.

Die feit dat ek nou uit oefening genot put, het ’n hele spektrum nuwe belangstel­lings vir my laat oopgaan wat vroeër buite die kwessie sou gewees het.

Ek en my man het op ’n fietsryvak­ansie gegaan. Ek het bergklim as ’n nuwe stokperdji­e ontdek – en ook pilates. Ek en my gimmaat ontmoet mekaar nou een keer per week vir koffie en oefening met gewigte. Ek het soveel daarby baat gevind – en ek het tot die besef gekom dat maer wees nie ’n lewe van voortduren­de ontneming hoef te beteken nie.

My gewig was die olifant in die vertrek waaroor niemand gepraat het nie

 ??  ?? BO en REGS BO: In 2013 het Nadja Hermann 150 kg geweeg en moeilik geloop. Sy’t sedertdien 87 kg afgeskud.
BO en REGS BO: In 2013 het Nadja Hermann 150 kg geweeg en moeilik geloop. Sy’t sedertdien 87 kg afgeskud.
 ??  ?? SO HET NADJA GEVORDER
SO HET NADJA GEVORDER
 ??  ?? LINKS: Nadja se been in 2013 toe sy oorgewig was. BO: Hoe dit vandag lyk nadat sy oortollige gewig afgeskud het.
LINKS: Nadja se been in 2013 toe sy oorgewig was. BO: Hoe dit vandag lyk nadat sy oortollige gewig afgeskud het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT CONQUERING FAT LOGIC: HOW TO OVERCOME WHAT WE TELL OURSELVES ABOUT DIETS, WEIGHT AND METABOLISM DEUR NADJA HERMANN, UIT DIE DUITS VERTAAL DEUR DAVID SHAW EN UITGEGEE DEUR SCRIBE.
’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT CONQUERING FAT LOGIC: HOW TO OVERCOME WHAT WE TELL OURSELVES ABOUT DIETS, WEIGHT AND METABOLISM DEUR NADJA HERMANN, UIT DIE DUITS VERTAAL DEUR DAVID SHAW EN UITGEGEE DEUR SCRIBE.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa