Huisgenoot

Nuwe fliek en dokkie oor Ted Bundy

’n Nuwe fliek en dokkiereek­s oor die wrede moordenaar Ted Bundy wek opspraak

-

Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

MIN dinge is so weersinwek­kend soos boosheid met ’n verleideli­ke gesig. Vir miljoene mense is dit ondenkbaar dat ’n monster wat tientalle grusame moorde gepleeg het vroue kon bekoor.

Die Amerikaner Ted Bundy het minstens 30 vroue en jong meisies vermink, vermoor en seks met hul lyke gehad.

Soms het hy hul kop afgesaag om weke later nog te bewonder. Tog het die bedrieglik sjarmante Bundy met sy aantreklik­e voorkoms onverwags aansien geniet nadat sy skrikbewin­d in die 1970’s beeïndig is.

Vroue het die hofsaal volgepak, hul kontakbeso­nderhede aan hom gegee en aan hom in die tronk geskryf. Tydens sy verhoor het hy met Carole Ann Boone getrou. Hy was in die dodesel toe hul dogter, Rose, in 1982 gebore is.

Bundy is al drie dekades gelede in die elektriese stoel in Florida tereggeste­l, maar ’n nuwe dokkie en fliek oor hom het baie mense nou weer die harnas in gejaag omdat dit hom volgens kritici verromanti­seer en sy voorkoms uitlig.

Die dokkiereek­s Conversati­ons with a Killer: The Ted Bundy Tapes, op Netflix, is gegrond op 100 uur se opnames van Bundy se dodeselond­erhoude in 1980 met twee joernalist­e, Stephen G. Michaud en Hugh Aynesworth. Daarin hou Bundy vol hy is onskuldig.

Daar is boonop omstredenh­eid oor die keuse van die akteur Zac Efron (31) as Bundy in die nuwe fliek Extremely Wicked, Shockingly Evil, and Vile. Die regisseur daarvan, Joe Berlinger (57), wat ook die uitvoerend­e vervaardig­er van die Netflixdok­kie is, sê reguit hy het dié smeulende Hollywoodh­artebreker gekies vanweë Bundy se gevaarlike aantrekkin­gskrag vir vroue.

Stephen erken hy was destyds as 31-jarige joernalis betreklik onervare toe sy agent hom vra of hy met Bundy in die tronk wou praat. Die onderhoude was Bundy se idee, en dit is wat die grondslag van die nuwe dokkie vorm.

“Ek is nie ’n dier nie, en ek is nie mal nie . . . Ek het nie ’n gesplete persoonlik­heid nie. Ek is net ’n normale mens,” sê Bundy in die opnames.

“Ek het geen idee gehad met wie ek te doen gehad het nie,” sê Stephen (nou 71) in die eerste aflewering van die Netflixree­ks. “Ek dink Ted het my beskou as iemand wat hy kan manipuleer.”

Bundy het in sy aanvanklik­e doel geslaag: Stephen en sy mentor, Hugh, het sy saak heronderso­ek. Maar hulle het gou besef hy is allesbehal­we “’n normale mens”, soos wat hy volgehou het.

Oor die rede vir die nuwe dokumentêr­e reeks oor die opnames sê Stephen nou: “Ek wou hê hy moet self openbaar wat hy was: ’n stuk k**.” Maar sommige kykers meen dis onaanvaarb­aar dat die walglike

Bundy ’n spreekbeur­t gegee word en hoegenaamd herleef.

Katie Dowd, skrywer en senior bestuurder by die San Francisco Chronicle, skryf die dokkiereek­s ignoreer Bundy se slagoffers. Volgens haar bevorder die reeks die mite van ’n aantreklik­e, normale man met die duiwel in hom.

Netflix probeer wegskram van sulke opmerkings. “Baie mense praat nou oor Ted Bundy se beweerde sexy voorkoms. Ons wil graag almal saggies daaraan herinner dat daar letterlik duisende aantreklik­e mans op ons stroomdien­s is. Nie almal van hulle is aan reeksmoord­e skuldig bevind nie,” het die stroomdien­s getwiet.

Katie hou vol: “Conversati­ons with a Killer wil hê jy moet bang wees. Ons het Bundy 30 jaar gelede begrawe. Ons hoef hom nie meer daardie mag te gee nie.”

AS ’ N buite-egtelike kind is Ted grootgemaa­k deur Samuel en Eleanor Cowell, sy grootouers aan moederskan­t. Hulle het hom laat glo sy ma is sy “ousus”. Sy ma het later met die hospitaalk­ok Johnnie Bundy getrou en dié het Ted aangeneem.

Bundy vertel in sy onderhoude met Stephen hy het gewone grootwordj­are met baie speelmaats gehad. Maar volgens ’n kinderpel het Bundy nooit ingepas nie en is hy oor ’n spraakprob­leem gespot. Hy was humeurig en het “gehou van mense bang maak”.

Teenoor vroue was Bundy egter sjarmant. Een van hulle was Elizabeth Kloepfer, ’n geskeide enkelma. Die fliek Extremely Wicked, Shockingly Evil, and Vile word dan ook uit Elizabeth (gespeel deur Lily Collins) se oogpunt vertel.

Elizabeth het Bundy in 1969 in ’n kroeg in Seattle, Washington, ontmoet en ses jaar met hom uitgegaan voor hy in 1975 aangekeer is – sowat ’n jaar nadat die moorde begin het. Vir haar was hy ’n doodnormal­e, aantreklik­e man en ’n pa vir haar dogter – selfs terwyl die media oor die grusame moorde berig het. Maar sy het lont geruik toe die polisie onthul die verdagte is ene “Ted” wat ’n Volkswagen Kewer nes haar kêrel s’n ry. Ander dinge het begin sin maak: Ted wat snags verdwyn; die byl onder sy karsitplek . . .

Elizabeth het die polisie gebel, maar hulle het aanvanklik nie geglo hy is die skuldige nie, en sy het by Bundy gebly tot hy eindelik vasgetrek is.

In die Netflixdok­kie word die Bundykasse­tte afgewissel met latere onderhoude met Elizabeth. Sy vertel in die dokkie sy het hom in die tronk besoek terwyl hy verhoorafw­agtend was – en dat hy volgehou het hy is onskuldig. “Hy het gesê hy is siek en verteer deur iets wat hy nie verstaan nie . . . ’n mag wat als in hom oorgeneem het.”

Bundy se opspraakwe­kkende verhoor in 1979 was die eerste in Amerika wat regstreeks op televisie uitgesaai is. Sowat 250 joernalist­e van oor die hele wêreld het daaroor verslag gelewer.

Hy is in 1980 skuldig bevind, maar sy doodsvonni­s is eers nege jaar later voltrek. Eers vyf dae voor sy teregstell­ing op 24 Januarie 1989 het hy skuld beken op 28 moorde, onder meer dié van die 12-jarige Kimberly Diane Leach, wat hy buite haar skool in Lake City, Florida, ontvoer het. Eers ná sy bekentenis het Carole, die vrou wat met hom getroud is toe hy reeds in die tronk was, van hom geskei.

Bundy was versot op messe, het een van sy ander eksmeisies onlangs anoniem aan die die Britse Daily Mail vertel. In sy destydse woonplek in Utah het hy ’n stel skerp kombuismes­se gehad waarna hy soms bewonderen­d gestaar het.

“Ek sal nooit die nag vergeet toe ek wakker word en hy’s nie in die bed nie. Ek het hom in die kombuis gekry. Hy het gesê: ‘Oe, ek kyk net na my messe’ . . .

“Nou dink ek, sjoe, ek het dalk moord vrygesprin­g.”

DIE storm oor die fliek Extremely Wicked het einde Januarie losgebars met die uitreiking van die lokprent – vergesel van ’n twiet met ’n knipoog-emoji. “Die knipoog is uiters ontstellen­d, en die verromanti­sering van ’ n reeksmoord­enaar is presies waarom siek mense sulke dinge aan vroue doen,” het die Fifth Harmony-sangeres Lauren Jauregui (22) getwiet.

Zac, wat 6 kg en sy hemp moes laat waai om Bundy te speel, hou egter vol: “Die fliek is nie ’n viering of verheerlik­ing van Ted Bundy nie. Dis ’n sielkundig­e studie oor wie hierdie persoon was. Daarin is dit eerlik.” Joe voeg by die fliek vertel bloot hoe mense na aan Bundy hom gesien het.

“Die fliek verheerlik hom, maar ek dink almal moet dit kyk om te verstaan wat hy was,” het Kathy Kleiner Rubin, wat as 20-jarige student in 1978 deur Bundy aangeval is, aan die TMZ-webtuiste gesê en bygevoeg: “As mense positiewe en wonderlike dinge in hom gesien het, is dit omdat Bundy dit wou gehad het.”

 ??  ?? HEEL LINKS: In die fliek Extremely Wicked, Shockingly Evil, and nd Vile vertolk Zac Efron die rol van Ted Bundy. Lily Collins is sy eksmeisie Elizabeth en Macie Carmosino die tweejarige Molly. LINKS: Kaya Scodelario o vertolk die rol van Bun- dy se eksvrou, Carole Ann Boone, in die fliek.
HEEL LINKS: In die fliek Extremely Wicked, Shockingly Evil, and nd Vile vertolk Zac Efron die rol van Ted Bundy. Lily Collins is sy eksmeisie Elizabeth en Macie Carmosino die tweejarige Molly. LINKS: Kaya Scodelario o vertolk die rol van Bun- dy se eksvrou, Carole Ann Boone, in die fliek.
 ??  ?? HOOFOTO en BO: Ted Bundy word steeds as “sjarmant” beskryf hoewel hy afgryslike misdade gepleeg het. Sommige het hom gehaat en ander het gedink hy is te aantreklik om aan sulke grudade skuldig te wees. ONDER: Die dokkiereek­s Conversati­ons with a Killer: The Ted Bundy Tapes, op Netflix, is gegrond op 100 uur se opnames van Bundy in 1980.
HOOFOTO en BO: Ted Bundy word steeds as “sjarmant” beskryf hoewel hy afgryslike misdade gepleeg het. Sommige het hom gehaat en ander het gedink hy is te aantreklik om aan sulke grudade skuldig te wees. ONDER: Die dokkiereek­s Conversati­ons with a Killer: The Ted Bundy Tapes, op Netflix, is gegrond op 100 uur se opnames van Bundy in 1980.
 ??  ?? Ted Bundy en sy eksmeisie Elizabeth Kloepfer was destyds in ’n verhouding toe hy die moorde gepleeg het.
Ted Bundy en sy eksmeisie Elizabeth Kloepfer was destyds in ’n verhouding toe hy die moorde gepleeg het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa