Huisgenoot

Kalmer waters vir Brad en Angelina?

Dit lyk of Brad en Angie se toesigstry­d beter verloop, maar . . .

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

EINDELIK is hulle weer saam – ná twee jaar, ’n ondersoek deur die Amerikaans­e speurdiens, verskeie hofverskyn­ings en onderonsie­s tussen hul regspanne. Op onlangse foto’s sien ons die eerste keer vir Brad Pitt en Angelina Jolie langs mekaar sedert hul verhouding van 11 jaar in 2016 lelik skipbreuk gely het. Maar niemand raak te opgewonde nie: Te oordeel na hul lyftaal is hulle allesbehal­we op die punt om weer in mekaar se arms te val.

SO WAT GAAN AAN?

Die ontmoeting, wat in ’n prokureur se kantoor in Beverly Hills, Los Angeles, plaasgevin­d het, is die jongste aandui- ding van vordering in die bitter toesig-toesigstry­d tussen die ekse. Al lyk Brad rad (55) ongemaklik en gespanne en het Angie (43) donker kringe onder haar oë, is dit luidens berigte ’n bewys die twee beweeg in die regte rigting.

Volgens die tydskrif Us Weekly was dit hul tweede vergaderin­g binne ’n week. “Dit is deel van hul deurlopend­e proses om sake rakende die kinders en die egskeiding te reël.”

Hul onderhande­lings verloop nou bedagsamer en vreedsamer as voorheen, het ’n tweede bron gesê.

Die tydelike ooreenkoms wat die twee einde verlede jaar bereik het, is steeds van krag. Brad is gesamentli­ke toesig oor Pax (15), Zahara (14), Shiloh (12) en die tweeling, Vivienne en Knox (10), toe- gestaan. Die hof het beslis die oudste kind, Maddox (17), is oud genoeg om self te besluit hoeveel tyd hy saam met sy pa wil deurbring.

SO HANTEER DIE KINDERS DIT

Vir kinders is ’n egskeiding nooit maklik nie en die ses Jolie-Pitts het die aanpassing op verskillen­de maniere verwerk.

Maddox, Pax en Zahara

Volgens talle bronne het die drie oudste kinders ná die skeiding hul ma se kant gekies en almal gesukkel “om met hul pa vrede te maak”.

“Hulle het gevoel hy skree altyd en is ongelukkig,” sê ’n bron.

’n Maatskapli­ke werker het Angie glo aangeraai om gesamentli­ke toesig oor die kinders te versoek op voorwaarde dat Pax en Zahara vir terapieses­sies sa saam met Brad moet gaan.

Maddox het glo geweier om vir terapie te gaan. “Maddox is Angie se naaste vertro troueling, en hy was nog altyd hardkoppi pig en beskermend teenoor sy ma,” sê ’n b bron in Brad se kamp. “Brad het aanv vaar hy sal waarskynli­k nooit die verh houding kan herstel nie.”

Die band tussen Pax en sy pa lyk net

so wankelrig: Hofdokumen­te onthul glo Brad wou eintlik glad nie in 2007 die driejarige Viëtnamese weeskind aangeneem het nie.

Brad was glo besorg daaroor om minder as ’n jaar ná Shiloh se geboorte nog ’n kind aan te neem. Angie het nogtans voortgegaa­n en glo vir Brad gesê: “Pax het my meer nodig as Shiloh.”

Gelukkig vir Brad het sy verhouding met Zahara glo met die verloop van tyd verbeter.

Shiloh

Die “liefdevoll­e en saggeaarde” rabbedoe tree as ’n soort vredemaker op, sê bronne. “Sy is die gretigste van die kinders dat sake met Brad moet uitwerk.” Shiloh was voor die skeiding geheg aan haar pa en “haat konflik”, sê ’n familiebro­n. “Sy stuur gereeld vir Brad e-pos en boodskappe.”

Die tweeling

Vivienne en Knox is “teen baie kwessies beskerm”, sê ingeligtes, maar dit is vanselfspr­ekend onmoontlik dat die drama hulle nie geraak het nie.

Hulle hou ook daarvan om hul pa te sien, sê Brad se vriende, al is veral Vivienne in die besonder baie na aan haar ma.

 ??  ?? HEEL BO en LINKS HEEL BO: Angelina Jolie en Brad Pitt het in die kantore van ’n prokureur in Los Angeles beraadslaa­g. BO en REGS BO: Ná die tyd het Angie ontsteld gelyk, terwyl Brad in sy noppies was.
HEEL BO en LINKS HEEL BO: Angelina Jolie en Brad Pitt het in die kantore van ’n prokureur in Los Angeles beraadslaa­g. BO en REGS BO: Ná die tyd het Angie ontsteld gelyk, terwyl Brad in sy noppies was.
 ??  ?? LINKS: Van links is Knox, Zahara, Shiloh en Vivienne in Desember op ’n uitstappie saam met hul ma. ONDER: Angie Maddox (links) en Pax.
LINKS: Van links is Knox, Zahara, Shiloh en Vivienne in Desember op ’n uitstappie saam met hul ma. ONDER: Angie Maddox (links) en Pax.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa