Huisgenoot

Local Is Lekker

- ALLE FOTO’S VERSKAF DEUR PASELLA

Die wenners wen van Huisgenoot en kykNET se tweede liefdesver­haalkompet­isie liefdesv het onlangs ’n voorsmakie van die kollig gekry. Omdat Hugo en Mardaleen Derks se ware liefdesver­haal in ’n fliek omskep gaan word, het die Pasella-aanbieder Sasha-Lee Davids in die maand van v die liefde by hulle in Namibië gaan inloer.

Die onderhoud is op die gasteplaas Otjimbondo­na Kalahari, suidoos van Windhoek, verfilm en op 13 Februarie uitgesaai. Mardaleen en Hugo het by die gasteplaas­eienaars, Wilfried en Anita Slaney, gaan kuier.

Wilfried, wat ook ’n vlieënier is, het hulle met sy ligte vliegtuig trakteer met ’n kykie na die Namibiese landskap uit die lug uit tot digby Sossusvlei.

“Dit was heerlik om so bederf te word. ’n Mens het amper skuldig gevoel om so op ’n troontjie geplaas te word,” sê Mardaleen. “Die Slaneys is wonderlike, gasvrye mense by wie ons dadelik aanklank gevind het.”

Vir die Derks-egpaar van Gobabis in Namibië was die paadjie tot by die kansel omtrent vol kinkels, maar vandag is hulle al byna 15 jaar getroud. Hul liefdesver­haal het hulle van Potchefstr­oom tot Londen, Kaapstad en Namibië geneem en word binnekort verfilm.

“Ons sien baie uit na dié jaar,” sê Mardaleen. “Dis soos ’n verrassing­spakkie. Ons kan skaars wag om die akteurs te ontmoet en die mense wat agter die skerms werk om lewe in ons verhaal te blaas.”

 ??  ?? LINKS BO en LINKS: Hugo en Mardaleen Derks van Gobabis, Namibië, die wenners van Huisgenoot se tweede liefdesver­haalkompet­isie, geniet ’n romantiese wegbreek.
LINKS BO en LINKS: Hugo en Mardaleen Derks van Gobabis, Namibië, die wenners van Huisgenoot se tweede liefdesver­haalkompet­isie, geniet ’n romantiese wegbreek.
 ??  ?? LINKS BO: Die Derkse saam met t die Pasella-aanbieder Sasha-Lee e Davids. LINKS: Die eienaar van Otjimbondo­na Kalahari, Wilfried Slaney (links), by die paartjie en Sasha-Lee. REGS: Hugo, wat nie mal is oor vlieg nie, het die vlug tot by Sossusvlei geniet.
LINKS BO: Die Derkse saam met t die Pasella-aanbieder Sasha-Lee e Davids. LINKS: Die eienaar van Otjimbondo­na Kalahari, Wilfried Slaney (links), by die paartjie en Sasha-Lee. REGS: Hugo, wat nie mal is oor vlieg nie, het die vlug tot by Sossusvlei geniet.
 ??  ?? LINKS: Die gasteplaas Otjimbondo­na Kalahari het aan die Derkse lafenis teen die Namibiese hitte gebied.
LINKS: Die gasteplaas Otjimbondo­na Kalahari het aan die Derkse lafenis teen die Namibiese hitte gebied.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa