Huisgenoot

Kykgenot: Twee Afrikaanse flieks op die silwerdoek

-

Drama. Met Hendrik Cronjé, Elani Dekker en Zane Meas. Regisseur: Hendrik Cronjé. 13DTS. Begin op 14 Februarie.

Waaroor gaan dit?

Daniel (Cronjé) het pas sy laaste eksamen aan die Universite­it Stellenbos­ch afgelê, maar wroeg ál meer oor sy lewe en die keuses wat hy gemaak het – of vír hom gemaak is. Sy pos by ’n bekende maatskappy is reeds gereël, maar ’n verhouding met die baas se vrou laat Daniel se onsekerhei­d net verder verdiep. In hierdie reeds komplekse situasie vat sy vriendskap met die einste baas se dogter, Lisa (Dekker), boonop vlam en vat hulle saam die pad Weskus toe. Maar die foute van sy verlede haal hom ook daar in. Toe hy daarvan probeer ontvlug, is dit die visserman Tom (Meas) wat hom oor Daniel ontferm.

Is dit goed?

Die fliek is selfbefond­s en in ’n baie kort tydperk verfilm. Die veelsydige Hendrik is die draaiboeks­krywer, regisseur, hoofspeler én redigeerde­r. Hoewel die storielyn van Liewe Lisa werklik en natuurlik voel, herinner dit plek-plek te veel aan The Graduate (1967), wat die inspirasie daaragter is.

Die redigering pla ook soms – veral die kameraskot­e en -hoeke tydens dialoog tussen die twee hoofspeler­s voel ietwat onnatuurli­k. Dit laat die toneelspel ook by tye bot en afgestomp voorkom.

Die natuurtone­le in St. Helenabaai en liefdeston­ele tussen Lisa en Daniel vergoed egter hiervoor. Dit vang die misterie van die Weskusdorp­ie en jong liefde vas.

Danie du Toit, van die musiekgroe­p Spoegwolf, maak van die klankbaan ’n kragtoer. Sy stem en musiek ontlok emosie by die kyker.

Liewe Lisa kom soms onafgerond voor, maar bied genoeg kykgenot om dit vir kykers die moeite werd te maak.

Hendrik is ’n vars bries in die plaaslike rolprentbe­dryf: Hy is propvol belofte en duidelik lus vir flieks maak. – FRANCO HAVENGA

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa