Huisgenoot

Ons gesels met The Wild se Tyrone Keogh – nou te sien in The Girl from St. Agnes

Hy werk eintlik oorsee, maar in die SA reeks The Girl from St. Agnes speel die akteur ’n karakter met twee kante

- Deur NICI DE WET

HY HET vir hom ’n standvasti­ge loopbaan oorsee uitgekerf en was op pad na Amerika toe die oproep kom vir ’n hoofrol in ’n plaaslike produksie. En toe Tyrone Keogh (36) die draaiboek vir The Girl from St. Agnes lees, het hy geweet hy wil deel daarvan wees.

Die agtdelige reeks, Showmax se eerste oorspronkl­ike drama wat vir internasio­nale verspreidi­ng gekies is, speel af in ’ n spogmeisie­skool in die KwaZulu-Natalse Middelland en wentel om die geheimsinn­ige dood van ’n gewilde student.

Ons het met Ty, wat die veldwagter Jack van Reenen in die sepie The Wild gespeel het, gesels voor hy in die Hollywoodr­iller 24 Hours to Live teenoor Ethan Hawke was.

Geluk met jou rol in die reeks! Hoe het dit gebeur?

“Dankie. Dit het vinnig gebeur. Ek en my vrou (die Britse aktrise Shivani Ghai, 43) was ’n paar weke in Kaapstad en ons sou oor ’n paar dae terugvlieg na Los Angeles toe ek ’n oproep van die plaaslike rolverdeli­ngsregisse­ur Moonyeenn Lee kry. Ek het die draaiboek gelees, wat fantasties was, ’n paar tonele opgeneem en ingestuur. Dit was teen halfelf daardie aand bevestig.”

Jy het in Los Angeles gewerk aan reekse soos Black Sails en Dominion. Interessee­r plaaslike reekse jou nog?

“Baie min dinge kan my teruglok, behalwe natuurlik ’n draaiboek soos dié. Dit is so netjies afgerond; al die los drade kom bymekaar. Elke karakter ontwikkel; niemand is net daar om dowe neute nie. Dis werklik opwindend om aan ’n plaaslike produksie te werk waarvan die draaiboek so goed is. Dit kan wel die maatstaf vorentoe wees.”

Vertel ons meer omtrent jou karakter, Shane.

“Hy’s die hoof van sekuriteit by die meisieskoo­l. Nes almal het hy ’n ligte en ’n donker kant aan sy karakter. Ek sal dit aan die kykers oorlaat om te besluit of hy goed of sleg is. Ek ken al my lewe lank ouens soos Shane en dink dis hoekom die rolverdeli­ng vir my sin gemaak het. Hy is uiters lojaal aan die mense vir wie hy omgee. Hy is taai, maar ook sensitief en neem impulsiewe besluite wat dikwels boemerang.”

Jy speel teenoor die plaaslike model Nina Milner, wat nou ook ’n aktrise is. Sy speel Kate Ballard, ’n dramaonder­wyseres en jou eks. Hoe was die verstandho­uding tussen julle?

“Dit was wonderlik om saam met Nina te werk. Sy is slim, snaaks en intens. Sy was 100% gefokus en het alles in haar spel gesit; ek respekteer dit.”

Die reeks is internasio­naal opgeraap. Dink jy ’n tweede seisoen is ’n moontlikhe­id?

“Ek dink die reeks het al die nodige elemente om ’n sukses, plaaslik en oorsee, te wees. Dit sou wonderlik wees as dit internasio­naal erkenning kry, maar ’n mens het nooit enige waarborge nie. Ek het geen idee oor ’n tweede seisoen nie, maar ek weet reeds ek sal dit beslis kyk.”

Wat is jou mening oor soveel groot name wat nou in televisier­eekse speel?

“Die gehalte van televisie het die afgelope jare van krag tot krag gegaan. Dit wat tans beskikbaar is om te stroom is werklik uitstekend. Ek dink die meeste akteurs en rolprentma­kers wil net goeie werk lewer, en solank as wat televisie hulle van daardie geleenthed­e voorsien, sal hulle aanhou om die werk te doen.”

Jy en Shivani is nou twee jaar getroud. Vertel ons van jul twee troues.

“Die eerste was ’n intieme onderteken­ing van die trouregist­er by Tintswalo Atlantic-hotel in Kaapstad. En ’n paar maande later het ons ’n tradisione­le Hindoesere­monie by ’n prentjiemo­oi oord in Kerala, Indië, saam met familie en vriende gehad. Die Indiese troue was toweragtig, maar die logistiek om iets in ’n ander land te doen, met min tyd vir beplanning, was ietwat waansinnig. Ek en Shivani het gewerk – in verskillen­de lande. Shivani het The Catch verfilm en ek was besig met 24 Hours to Live, maar alles het darem eindelik uitgewerk.

Jy woon nou in Engeland. Beplan jy om daar te bly?

“Die afgelope paar jare was dol en ons het dit reggekry om te woon waar die werk ons ook al geneem het. Ons is gelukkig om wonings in Londen en Kaapstad te hê en het meestal ons tyd tussen Engeland en Suid-Afrika verdeel en ook tyd in Amerika deurgebrin­g. Wanneer ek vir lang tye weg is, mis ek veral my familie, my honde en my ma se kos. Om nie eens te praat van die rou, natuurlike skoonheid van Suid- Afrika en sy mense nie. Ons het ook grond in Kaapstad gekoop en hoop om eendag vir ons ’n huis daar te bou.”

Jy het ’n paar pryse vir sexyste man in Suid-Afrika gewen, waarvan een ’n YOU Spectacula­r-prys van ons sustertyds­krif YOU was. Het jy al ooit gevoel jou voorkoms is op enige manier ’n hindernis vir jou loopbaan, soos dat mense jou nie ernstig opneem nie?

“Ek het nooit gevoel my voorkoms laat mense minder van my vermoëns dink nie, maar in werklikhei­d het ek geen idee wat mense van my dink nie. Ek weet dat die hele publisitei­tswarrelwi­nd net so vinnig weggewaai het soos wat dit gekom het, en daardie pryse het min verskil aan my loopbaan gemaak. My voorkoms het my beslis gehelp om sekere rolle te kry en waarskynli­k ander gekniehalt­er. Jy kan nie altyd wen nie.”

Wat doen jy om topfiks te bly?

“Ek is versigtig oor wat ek eet. Ek hou van kook en probeer om alles so onverwerk moontlik te hou. Ek vermy oorverwerk­te kos. Ek het bewus geword van dermgesond­heid en eet veral gefermente­erde en probioties­e kosse. Ek staan nie naastenby genoeg tyd af aan oefen soos voorheen nie. Ek hou van kort HIIT ( high- intensity interval training)- sessies en boks.”

Wat doen jy en jou vrou om te ontspan?

“Wanneer ons in Kaapstad is, is ons op die strand met die honde, nooi vriende vir middagete (ons hou van onthaal) en gaan fliek dalk of stroom iets goeds.”

Wou jy altyd ’ n akteur wees?

“Ek het ná matriek op stelle begin werk. Ek het ’n paar jaar lank agter die skerms in verskeie afdelings gewerk voor ek toneelspel by Afda gaan studeer het. Ek het nie lank gehou op kollege nie en het ná ’n jaar opgeskop. Ek was nog altyd lief vir toneelspee­l, maar eers toe ek in 2011 die rol in The Wild kry, kon ek bekostig om op te hou agter die skerms werk en 100% op toneelspel te fokus.”

Jou lewensleus­e?

“As jou vrou gelukkig is, het jy ’n gelukkige lewe.”

 ??  ??
 ??  ?? Tyrone Keogh is bekend vir sy spel in The Wild en 24 Hours to Live.
Tyrone Keogh is bekend vir sy spel in The Wild en 24 Hours to Live.
 ??  ?? Jane de Wet as Lexi Summerveld in The Girl from St. Agnes.
Jane de Wet as Lexi Summerveld in The Girl from St. Agnes.
 ??  ?? Tristan de Beer en Tyrone in The Girl from St. Agnes. The Girl from St. Agnes is tans op Showmax beskikbaar.
Tristan de Beer en Tyrone in The Girl from St. Agnes. The Girl from St. Agnes is tans op Showmax beskikbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa