Huisgenoot

Ons gesels met Ashlinn Gray oor haar musiek en lewe in Los Angeles

- Deur MYRON WEYERS

Vertel ons meer oor STFU.

Dit gaan daaroor om die lewe op jou eie te ontdek en nie aandag aan negatiwite­it te skenk nie. Die snit is deur baie van n my ervarings geïnspiree­r. Mense raak dikwels bitter en jaloers wanneer jy y sukses behaal en versprei skindersto­ries. Dit kan ’n golf van negatiwite­it veroorsaak, maar ek het besluit om nie ag te slaan op wat ander sê nie. Ek dink nk dit gebeur met almal, en ek wil mense inspireer om op hul geluk te fokus. s.

Wie skryf jou liedjies?

Ek skryf al my liedjies, maar kry af en toe e hulp van medeskrywe­rs. Ek het my eerste liedjie, Battleship­s, op 16 geskryf. kryf. Dis in Februarie 2015 uitgereik. Battleship­s het dit gemaak tot op iTunes Tunes se trefferlys, en Nineteen het ook radiostasi­es (5FM en Jacaranda FM) se trefferlys­te gehaal. Dis

lekker om te sien dat mense jou musiek waardeer en dat jou harde werk vrugte afwerp.

Is jy die enigste musikant in jou gesin?

Ek het in Fourways, Johannesbu­rg, grootgewor­d. My jonger susters, Dayna (20), Eryn (18) en Shayla (13), kan soos engeltjies sing, maar ek kan nie dieselfde sê oor my ouers, Andrew (49) en Dianne (46), nie. Ons w weet regtig nie waar ons musiektale­nt vanda vandaan kom nie. My ma is ’n binneversi­erder en my pa werk in die konstruksi­ebedryf.

Wanneer het die musiekgogg­a gebyt?

My ma het my altyd geneem na produ produksies by die kinderteat­er en ook pantomi pantomimes soos Snow White. Ek het op teate teater verlief geraak toe ek The Phantom of the Opera kyk. Dit het my pass passie vir musiek aangevuur. Ek het ook met Madonna enMichael en Michael Jackson grootgewor­d. Ek het op sewe al vir mense gesê ek wil ’n ster we wees. Op 15 het ek besef ek kan ’n loopbaan hieruit maak.

Waar het jy skoolgegaa­n? skoolgegaa­n

Ek was van gr. 2 tot gr. 10 ’n leerder aan die HeronBr HeronBridg­e College in Johannesbu­r Johannesbu­rg. Die laaste twee jaar het ek tuisonderr­ig gekry. Ek het nie hoërskool so baie gen geniet nie, want dit was asof hulle wil hê ’n mens moet konformeer konformeer, en ek was altyd iemand wat uitgestaan en my eie ding gedoen het. Ek het in 2015, ná matriek, op my sangloopba­an gefokus.

Wanneer het jy Los Angeles toe verhuis?

In September 2017. Ek bly in die middestad. Ek hou daarvan om vir soesji by Sugarfish te gaan. Dis die beste! The Hotel Cafe is my gunsteling­plek om na nuwe sangers te luister. Oral waar ek in Los Angeles optree, het mense my musiek met ope arms verwelkom.

Wanneer laas was jy in SA?

My ouers bly nog in Johannesbu­rg. Ek is die eerste twee weke van Februarie in Suid-Afrika. Ek kom elke drie of vier maande huis toe.

Enige nagmerrie-optredes?

My mikrofoon het al ’n paar keer geval. My rok het een keer per ongeluk afgeval, maar gelukkig het ek toe lang hare gehad om dit toe te maak.

Hoekom het jy jou hare silwer gekleur?

Ek het dit op 19 begin silwer kleur en is mal daaroor. Die kleur is nie uitspattig nie en weerspieël ’n geheimsinn­ige kant van my.

Met watter sangers sal jy graag ’n verhoog wil deel?

Plaaslik, Nasty C en Lady Zamar. Internasio­naal, Mark Ronson en Sia. Elkeen inspireer my op hul eie manier en pleeg toorkuns in die ateljee.

Saam met watter plaaslike kunstenaar­s het jy al gewerk?

Ek het al saam met Sketchy Bongo, Dr. Bone, Howie Combrink, SEVVEN, Cara Frew en Connell Cruise gewerk. Dit was groot pret. Hulle almal het hul eie unieke manier van dinge doen, en elke keer was vir my ’n goeie leerervari­ng.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

Die mense. Die lug. Die energie. Suid-Afrika sal altyd my tuiste bly. Niks sal dit ooit vervang nie. Ek mis koeksister­s, braaivleis en goeie cappuccino. My lys gaan aan en aan.

Wat is jou toekomspla­nne?

Ek sal waarskynli­k ’n album opneem wanneer die tyd reg is. ’n Toer deur Amerika en SuidAfrika is beslis op my lys. Ek sal ook graag eendag my eie ondernemin­g wil begin. Beslis ’n restaurant.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Ek was nie ’n natuurlike sanger van geboorte nie. Ek moes leer sing.Ek’s versot op wiskunde en het as kind maaltafels vir pret gedoen. Ek wou aanvanklik ’n aktrise word. Ek maak ’n heerlike omelet. Ek het sproete in my oë.
Ek was nie ’n natuurlike sanger van geboorte nie. Ek moes leer sing.Ek’s versot op wiskunde en het as kind maaltafels vir pret gedoen. Ek wou aanvanklik ’n aktrise word. Ek maak ’n heerlike omelet. Ek het sproete in my oë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa