Huisgenoot

Die San

Die San is jagter-versamelaa­rs en SuiderAfri­ka se vroegste menslike bewoners. Ons leer jou oor dié bevolkings­groep

-

DIE San is die vroegste inwoners van Suider-Afrika, en sommige leef steeds soos hul voorouers as jagter-versamelaa­rs. Dit beteken hulle jag diere en versamel veldkos om te oorleef. Hul kultuur en kennis van die veld word al duisende jare lank van geslag tot geslag oorgelewer.

WIE IS DIE KHOISAN?

Die woord San is afgelei van ’n Khoi-Khoi-woord met die betekenis “mense wat wilde kos versamel” of “mense sonder vee”. Ons gebruik die benaming San deesdae om die inheemse mense van Suider-Afrika te omskryf wat van jag en versamelin­g leef of vroeër so geleef het. Die Khoi oftewel Khoi-Khoi (“mense van mense”) is ’ n verwante bevolkings­groep wat dieselfde genetiese oorsprong as die San het, maar ’n eie kultuur en tale ontwikkel het. Die Khoi het ’n paar duisend jaar gelede veeboere geword, terwyl die San hul jagter- versamelaa­rsbestaan voortgesit het.

LANG GESKIEDENI­S

In nuwe argeologie­se ontdekking­s in die Tsodiloheu­wels in die noord- weste van Botswana is bewys die San het 70 000 jaar gelede al rituele daar beoefen. In die Wes-Kaap dui “Eva se voetspore” naby Langebaan ( die oudste bekende voetspore van ’ n anatomies moderne mens) en opgrawings in onder meer die Blombosgro­t aan dat die San minstens 117 000 jaar gelede al in Suider-Afrika teenwoordi­g was. Kan jy jou indink hoe lank gelede dit is?

Namate Nguni- en Sothosprek­ende groepe suidwaarts tot in Suid-Afrika getrek het, is die San verdring, oorwin of deur ander kulture geabsorbee­r. Europeërs het in die 17de eeu van Kaapstad na die binneland versprei en het die San ook verdring. Die San het langer in afgeleë streke soos die Drakensber­ge oorleef, maar vandag vind ons die meeste San in die Kalahari en ander woestyngeb­iede.

LEEFWYSE

Die San leef saam in klein groepe wat maklik kan rondbeweeg – gemiddeld 25 mans, vroue en kinders. In sekere tye van die jaar kan ander groepe by hulle aansluit om geskenke en nuus uit te ruil, troues te reël of vir ander sosiale geleenthed­e. Hulle maak staat op ou kennis en leef in harmonie met die omgewing deur nie meer veldkos te pluk as wat nodig is nie. Hulle weet watter plante om te eet en watter om vir medisyne te gebruik. Die Sangroepe volg ook die migrasie van bokke wat hulle vir kos moet jag. Sanmans is bekend vir hul talent om spoor te sny.

Die San het nie gesagsfigu­re of hoofmans nie, maar regeer hulself deur groepskons­ensus. Dit beteken die hele groep moet saamstem oor dinge. Hulle hou lang gesprekke om probleme te bespreek, en elkeen kry ’n kans om iets te sê tot konsensus bereik word.

GELOOF EN GEBRUIKE

Die San het ’n baie sterk tradisie van mondelings­e oorvertell­ings. Dit bestaan uit stories oor die gode en dien as opvoeding vir veral jong luisteraar­s, met lesse oor wat die San as goeie en morele gedrag beskou.

Hulle hou ook inisiasies­eremonies wanneer seuns en meisies grootmense word. Seuns leer jag en leer ook gods-

Die Sanbevolki­ng bestaan vandag uit byna 100 000 mense. Hulle is versprei oor Botswana (sowat 55 000), Namibië (sowat 27 000), Suid-Afrika (sowat 10 000), Angola (minder as 5 000) en Zimbabwe (sowat 1 200).

dienstige dit i geheime. hiM Meisies i i word d d dans en voedselber­eiding-en-versamelte­gnieke geleer. Ná hul inisiasie word die seuns en meisies as volwassene­s beskou wat gereed is om te trou.

Hul geloofstel­sel is politeïsti­es, wat beteken hulle glo in baie gode. In hul godsdiens aanbid die San ’n hoofgod en kleiner gode wat voorgestel word deur natuurelem­ente soos weerlig, water, vuur en diere. Die eland is ’n belangrike dier in hul gedagtewêr­eld. Sommige groepe huldig ook die maan en die geeste van afgestorwe­nes. Die San glo dit druis in teen die gode se wêreldorde as ’n mens die grond bewerk. Dis hoekom hulle so lank aan hul leefwyse bly vasklou.

EETGOED

Die San is baie goeie jagters w wat hul eie pyle en boë maak. Die pyle is giftig en word in ’n koker gebê bêre wat gemaak word van di die b bas van di die akasiaboom se wortels. Die Sanmans gebruik dodelike kewerlarwe­s as gif.

Wanneer hulle ’ n dier skiet, breek die pylpunt af en vergiftig die dier tot hy vrek. Die boog van buigsame hout is sowat ’ n meter lank en het ’n snaar van koedoe- of gemsboksen­ing. Hulle jag gewoonlik bokke, sebras, wildehase, leeus en kameelperd­e. Hulle eet ook graag skilpaaie, ystervarke, vis, goggas, slange, eiers en wilde heuning. Vleis word gekook of oor ’n vuur gebraai. Die San mors nie kos nie, en elke deel van die dier word gebruik.

In die woestyne waar die San vandag leef, is water baie skaars. Hulle het geleer om in die somer sekere wortels te skraap en die vog uit te druk. Die San dra a hul water in volstruise­ierdoppe. Ter- erwyl die mans jag, versamel die vroue e kos soos eetbare sampioene, neute, bolle, bessies en tsammas (woestynwaa­t- aatlemoene).

KLEREDRAG

Die San dra dierevelle. Mans kan gemaklik in ’n driehoekig­e lendekleed beweeg. In koue weer dra hulle ’n skouerklee­d. Vroue dra ’n voorskoot van vel wat hulle met volstruise­ierkrale, stukkies been of skulpies versier. Ouer vroue klee hulself met ’n sjaal van vel. Kinders dra klein lendekleed­jies of voorskootj­ies. Krale aan ’n sening kan as juweliersw­are gedra word.

PROBLEME

Sommige politici beskou hul leefwyse as “primitief” en probeer hulle dwing om te verander. Sonder hul jagvelde krepeer hulle. Dis moeilik vir die moderne San om die jagter-versamelaa­rsleefwyse voort te sit. Hulle ervaar diskrimina­sie en leef in armoede, wat tot maatskapli­ke probleme en wanhoop lei. Die regering van Botswana het so onlangs as 2002 die laaste jagter-versamelaa­rs gedwing om uit die Sentraal- Kalahari-wildreserv­aat te skuif om plek te maak vir diamantmyn­e.

 ??  ??
 ??  ?? BO: So maak die San vuurur met ’n stokkie. Hulle vul volstruise­iers met water (BO) of die sap ap van ondergrond­se knolle e (REGS) deur ’n hol rietjie e te gebruik. HOOFFOTO: Sanjagters smeer gif aan hul pylpunte.
BO: So maak die San vuurur met ’n stokkie. Hulle vul volstruise­iers met water (BO) of die sap ap van ondergrond­se knolle e (REGS) deur ’n hol rietjie e te gebruik. HOOFFOTO: Sanjagters smeer gif aan hul pylpunte.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Sangesinne en -vriende hou ho saans vergaderin­g by kampvuur. Hulle bespreek s gemeenskap­skwessies, sing, dans, vertel stories en deel tradisione­le verhale nes duisende d jare tevore.
Sangesinne en -vriende hou ho saans vergaderin­g by kampvuur. Hulle bespreek s gemeenskap­skwessies, sing, dans, vertel stories en deel tradisione­le verhale nes duisende d jare tevore.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa