Huisgenoot

strategieë vir jong w werkendes

Laat jou eerste salaristje­k vir jou toekoms werk

- JOU GELDSAKE Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-pos sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

1 MAAK SEKER JOU PENSIOENBY­DRAE IS GENOEG

As 15% van jou salaris voor belasting na jou werk se aftreefond­s gaan, behoort jy eendag gemaklik te kan aftree – mits jy daardie 15%bydrae 45 tot 50 jaar lank kan volhou.

Maar as jou huidige bydrae minder as 15% is, kan ’n finansiële raadgewer uitwerk hoeveel jy ekstra moet spaar om jou maatskappy se aftreefond­s aan te vul.

Moenie moedeloos raak as jy dié ekstra bedrag nie dadelik kan bekostig nie. Maak dit ’n doelwit vir jou volgende verhoging.

2 BEGIN ’N NOODFONDS

Dis geld wat jy wegsit vir onvoorsien­e krisisse – jy moet andersins glad nie daaraan raak nie.

Stel vir jouself ’n noodfondst­eiken, byvoorbeel­d R5 000 of R10 000 oor die volgende vier jaar. Sit dan byvoorbeel­d R300 per maand weg tot jy daardie teiken bereik. Daarna kan jy die R300 per maand vir iets anders gebruik, soos oorblywend­e studieskul­d.

3 IS JOU MEDIES VOLDOENDE?

Indien jy op die mediese fonds se hospitaalp­lanopsie is, word binnehospi­taalkoste tot ’n sekere vlak uitbetaal. Maar alles wat nie deur jou fonds gedek word nie, kom uit jou eie sak – en dit kan veral jong mense met beperkte inkomstes geldelik verwoes, waarsku Charné.

Opgraderin­g na vollediger dekking is egter duur – en soms onnodig as jy nog jonk en gesond is. Oorweeg dus gapingsdek­king.

Dis goedkoper as opgraderin­g en sal spesifiek uitbetaal vir hospitaalk­oste wat nie deur die fonds gedek word nie.

4 BESTUUR JOU SKULD

Betaal jou huidige skuld, soos studieskul­d, eerder vinniger af voor jy ekstra skuld maak vir byvoorbeel­d ’n motor.

Moenie agterstall­ig raak met huidige skuldbetal­ings nie; dit sal jou kredietrek­ord benadeel.

Jou eerste motor moenie te duur wees nie – dis dwaas om al jou besteebare geld op wiele te blaas.

5 POLISSE

Vind uit watter groepvoord­ele jou werkgewer verskaf. Soms is lewens- en ongeskikth­eidsdekkin­g byvoorbeel­d reeds deel van jou vergoeding­spakket.

Indien nie, oorweeg polisopsie­s met ’n lae premie, sê Charné. Begroot byvoorbeel­d R150 en kyk watter dekking jy daarmee kan koop.

Ongeskikth­eidsdekkin­g voorsien vir uitgawes indien jy weens ’n besering of siekte nie meer kan werk nie, hetsy tydelik of permanent.

Lewensdekk­ing kan jou begrafnis- of studieskul­d betaal as jy sterf.

Moenie polisse met jaarlikse premieverh­ogings van 10% kies nie – dit kan baie duur word. Kies premieverh­ogings van 5%.

6 KRY BELASTING ONDER DIE KNIE

Baie jong mense dink hulle hoef nie belastingo­pgawes in te dien as hul jaarlikse inkomste minder as R350 000 is nie. Doen dit liefs. Al verdien jy minder as R350 000, kan die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens jou belastingi­nligting aanvra as jy dalk oorsee gaan werk of ’n polisuitbe­taling kry.

7 OPPAS VIR WINKELSKUL­D

Baie jong mense koop klere, elektriese toestelle en meubels op skuld. As jy dit binne die rentevrye tydperk heeltemal afbetaal, maak dit geldsin. Maar luukse items wat jy oor ’n lang tyd afbetaal, werk eindelik baie duur uit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa