Huisgenoot

7DE LAAN SE DIEDERIK IS MIV-POSITIEF

Dié SABC2-sepie het kykers behoorlik aan die gons oor die storielyn van die jongste stryd van Hennie Jacobs se karakter

-

Ek dink 7de Laan haat arme Diedie. Sy hart word heeltyd gebreek; hy was op dwelms en nou het hy MIV. Dis nie regverdig nie. Hy is al rede hoekom ek die sepie kyk. CHARLEEN BRITS

Hoekom sê mense 7de Laan spot met

siektes? Regtig? Sepies gaan juis oor drama, en siektes is ’n werklikhei­d. Vir my is die storielyn oor MIV leersaam. NADIA GROBLER 7de Laan pak aktuele kwessies aan. Wil jy nie hê jou kind moet weet daar is iets soos MIV nie? Kinders so jonk as 10 het al onbeskermd­e seks. LENIE STANDER

7de Laan doen goed met die storielyn oor

MIV. Soveel mense wat dit het, neem hul eie lewe. 7de Laan wys dis nie die einde van die wêreld om dié siekte te hê nie. LISLE GELDENHUYS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa