Huisgenoot

KRY HULP VIR TRAUMA

- MICKEY DE JAGER

Met die lees van die artikel oor die Driehoekra­mp (’n Gemeenskap in rou ná brugramp, 14 Februarie) voel ek elke kind se skok en seer. My hare rys. Die trane loop.

Ek besef my seer is nog net so rou soos 47 jaar gelede.

Ek was 13 jaar oud. Ek en my vriendin was leerders aan die Hoërskool Wonderboom in Pretoria en het aan die jaarlikse Lenteloop deelgeneem.

In ’n stadium hoor ons net gille. In die omdraai sien ons hoe kinders deur die lug trek. ’n Motoris het 21 kinders getref. Een is oorlede en die res beseer. Die motor het teen ’n ver- keerslig tot stilstand gekom – anders het sy ons ook getref.

Vir maande daarna kon ek nie slaap nie. Die gille het in my kop bly draai.

Ek is dankbaar vir elke pastoor en sielkundig­e wat die ouers en kinders van die Hoërskool Driehoek bygestaan het. Ons is nie eens ’n drukkie gegee nie. Geen onderwyser het ons kom vra of ons oukei is nie.

My hart gaan uit na elke kind wat daardie dag beleef het. Gaan asseblief vir berading.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa