Huisgenoot

PYN IN ONS GEHEUES VASGEBRAND

- MIRRIE RAUBENHEIM­ER

Die emosies spook by my sedert ek die artikel oor die Driehoekbr­ugramp gelees het.

Die betrokke skrywers verdien lof vir die puik verwoordin­g van dié dag wat in ons geheues vasgebrand is.

Dis by ons ingeprent omdat ons kinders seergekry het.

Ses weke voor Hein Knoetze dié beroep verlaat, tref die grootste ramp hom: Sy kinders kry seer.

Onderwyser­s is stille getuies van gillende kinders wat binne oomblikke grootmense geword het.

Dankie, Huisgenoot, vir die mooi saam met die smart. Dit is die beste artikel nog oor die verskrikli­ke seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa