Huisgenoot

THOKOZANI NKOSIKOSI (17), 17), MATRIEK

-

Sy is tuis by haar ouerhuis in Vanderbijl­park nadat sy uit die Mediclinic Emfuleni ontslaan is. “Ek is bang om terug te gaan skool toe. Sê nou net die paviljoen of een van die klaskamers stort inmekaar? ’n Mens weet nie wat kan gebeur nie,” ” sê sy. sy

Sy het saam met die beton geval, maar kon opstaan en wegstap. “Ek was uiters verward.” Sy het eers later die dag besef haar rug en arm is seer.

“Die hele dag het gevoel soos ’n droom waaruit ek nie kon wakker skrik nie.”

Haar ma, Thandiwe, het haar kom haal en na die Mediclinic geneem. Daar was Thokozani, ’n diabeet, se bloedsuike­rvlak rondom 32, byna agt keer so hoog as normaal. Sy was op die rand van ’n koma.

Sy sukkel om te slaap. “Ek kry nagmerries en sien gedurig Roydon se liggaam.

“Maar alles gebeur met ’n doel. Dalk het dié ding gebeur om Suid-Afrikaners nader aan mekaar te bring. Al wat ek vra, is dat almal aanhou bid dat ons sal beter word.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa