Huisgenoot

NICO BARNARD (17), MATRIEK

-

“My seun is vandag (11 Februarie) terug skool toe,” deel Yolanda Barnard die blye nuus. “Ons is onbeskryfl­ik dankbaar dat hy net sy rug en elmboog seergemaak het; niks is gebreek nie. Hy is al ’n week tuis.”

Sy vertel sy het die oggend net voor die ramp ’n oorweldige­nde behoefte ervaar om vir haar kind se veiligheid te bid bid. “Minute later het die oproep gekom: Nico het seergekry, dalk baie seer.

“Hy was op die brug toe hy voel dit beweeg. Toe val dit.

“’n Oomblik lank het hy op die beton gelê en toe afgeklim. Hy het tot by die trappe gestap, waar hy inmekaarge­sak het. Sy rug was baie seer.

“Onnies het hom na die boonste verdieping gedra, waar hy steeds die gille kon hoor. Hy wou so graag help, maar sy bene was lam. Hy kon niks doen nie. Hy het heeltyd vir my gesê: ‘Mamma, Roydon is dood.’

“Hy is nie bang om terug te wees by die skool nie; hy wil net met sy lewe aangaan. Maar sy hart is seer. Bitter seer. En my mammahart is nog seerder.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa