Huisgenoot

MILITA WEBER (17), MATRIEK

-

“In die dae sedert die voorval het ons besef ons is van die gelukkigst­es,” vertel haar pa, Beyers.

“Milita is nog in die waakeenhei­d in die Die Wilgers-hospitaal in Pretoria, maar ons is positief. Die dokters ook. Haar L2-rugwerwel is aan die L1- en L3werwel geheg. Die operasie sou vier uur duur, maar dit was ná net twee en ’n half uur ’n groot sukses.

“Sy onthou nie veel nie. ’n Harde kraak, toe die slag van die val. Sy het met haar seer liggaam van die blok afgerol.

“Maar sy praat min oor die ongeluk; dis nog baie rou.

“Vandag staan sy bietjies-bietjies uit die bed uit op en gee klein treetjies. Die dokters sê ons moenie die herstelpad aanjaag nie.

“Maar sy herstel so goed dat sy nog voor 14 Februarie na ’n kliniek geskuif sal word. Daarna sal sy dalk voor die einde van die maand tuis wees.

“Milita wil graag teruggaan skool toe, maar ons weet nog werk is nodig. Sy kry weekliks berading en gebruik pynmedikas­ie.

“Sy is ’n regte klein vegtertjie, en ons is so dankbaar sy is vandag hier.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa