Huisgenoot

JENNIFER DELPORT (14), GR. 9

-

Sy is steeds in die trauma-eenheid van Johannesbu­rg se Milparkhos­pitaal. “Die brugramp het haar met ’n neusbreuk, ’n gebreekte enkel en bekkenbeen en ’n diep sny aan haar agterkop gelaat. Maar sy het oorleef, danksy die Here,” vertel haar pa, Willem.

“Dinge is nog baie rou. Ek en Adri, haar ma, monitor haar slaap- en gedragspat­rone.

“Sy is stiller as gewoonlik. Maar ons wag vir haar om reg te wees. Ons wil haar nie dwing om ’n ding te herleef of om daaroor te praat nie. Ons gun haar al die tyd in die wêreld om te genees.” Die dokters sê dit kan nege maande duur.

“Vir eers sal skool moet wag. Ons kan in hierdie stadium nie eens daaroor praat nie, al weet ons sy sal wil teruggaan skool toe om saam met haar vriende te wees.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa