Huisgenoot

HERRIE OOR STUDIE

- – JOANIE BERGH

Nie almal stem met die uitslag van die studie saam nie. ’n Dag nadat Sanparke die bevinding bekendgema­ak het, het Gareth Patterson, ’n olifantdes­kundige en bewaringsk­undige, dit op sy Facebookbl­ad betwyfel.

Hy het aan Huisgenoot verduideli­k sommige meen die soort sensus wat in dié studie gebruik is, kan onakkuraat wees. Gareth, skrywer van die boek The Secret Elephants, het jare se veldwerk oor dié spesifieke olifante gedoen.

Hy het in 2007 ’n DNS-sensus uitgevoer wat aangedui het daar is vyf jong volwasse olifante in die bos. Die tweede sensus, wat hy in 2009 gedoen het, het dieselfde uitslag opgelewer – sowel as ’n sesde olifant wat die eerste keer nie opgemerk is nie. Nog veldwerk het gedui op drie bulle en kalfies.

Daarbenewe­ns het Gareth ook die olifante se misbolle, wat hul ouderdom aandui, ontleed. Volgens hom het talle sulke metings die afgelope jare gewys daar is olifante van verskillen­de ouderdomme in die bos.

Hy beveel aan dat Sanparke eerder ’n vergelyken­de DNS-sensus doen om die huidige getal Knysna-olifante vas te stel.

Sanparke het by navraag gesê hulle is bewus van Gareth se destydse studie wat oor 15 jaar gestrek het, maar die situasie in die bos het sedertdien verander, soos hul studie toon.

Die organisasi­e sê hul studie is nie gedoen om ander wetenskapl­ikes verkeerd te bewys nie, maar hulle het gerapporte­er wat van Julie 2016 tot Oktober 2017 in die bos bevind is.

Ongeag hoeveel olifante in die bos is, dit is alombekend dat die Knysna-olifant bedreig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa