Huisgenoot

JANNIE VAN ZYL (41)

-

Die boer van Groblersho­op boer met skape, beeste en bokke, lusern, pekanneute en mielies en het wingerd onder besproeiin­g. Hoekom wil jy graag ’n vrou op die plaas hê? “’n Mens wil ’n maat hê, veral as jy ná ’n lang dag by die huis kom. Dis stil. Dis lekker om liefde te kry, maar dit is lekkerder om dit uit te deel.” Wat soek jy in ’n vrou? “Iemand wat sag en liefdevol van geaardheid is, wat die vrug van die gees dra, maar teleurstel­ling kan oorkom. Iemand wat fluks en atleties gebou is. Niemand hou daarvan om rondge- order te word nie – as jy iets wil sê, moet jy dit op ’n mooi manier oordra.” Hoe voel jy oor die liefde? “Dit is iets wat met verliefdhe­id aan die gang gesit word en mettertyd groei. Jy moet daaraan werk. Soos met enige ding in boerdery; as jy nie daarvoor sorg nie, sien jy nie die resultate nie.” Hoe lank was jou vorige verhouding en hoekom is julle uitmekaar? “Drie of vier maande. Ons was maar net nie vir mekaar bedoel nie.” Wat is jou beste eienskappe? “Ek is hardwerken­d, maar hou van kuier. My sus sê ek werk mooi met mense.” Wat is jou swak punte? “Ek is nie altyd betyds nie. Ek praat nie altyd oor dinge wat my pla nie. Ek sal eerder stilbly om die vrede te bewaar.” Wat is jou gunsteling­tydverdryf wanneer jy nie boer nie? “Ek geniet my vriende, om te lag en nonsens te praat.” Wat sou jy gedoen het as jy nie geboer het nie? “Ek sou voltyds gejag of gevlieg het. Of argitektuu­r studeer het.” Wat is jou gunsteling­kledingstu­k? “’n Janna (jeans) wat lekker sit saam met ’n perde- buckle van oorsee.” Wat laat jou huil? “As iemand van jou weggeneem word vir wie jy baie lief was. ’n Mooi fliek laat my somtyds ’n traan pink.” Watter liedjie langarm die lekkerste? “Ek hou van langarm. Veral op Steve Hofmeyr se Pampoen en Jo Black en Lea se Nooit Alleen.” Watter kos kan jy vir die vrou in jou lewe maak? “My gunsteling is skaapboud wat ek in die oond braai by ’n mengel- en wortelslaa­i met ingelegde perskes en ’n soet aartappels­laai met mosterd en rou uie in.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa