Huisgenoot

GROENTEGEB­AK

-

Hierdie gebak is ideaal as ’n vegetaries­e maaltyd of selfs as bykos.

GENOEG VIR 4 MENSE (AS ’N MAALTYD) OF 6 MENSE (AS ’N BYKOS) BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 40 MIN.

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

250 g sampioene, in skyfies gesny

1 bos spinasie, stingels uitgesny en gesnipper

sout en vars gemaalde peper

250 g roomkaas

2 eiers, geklits

125 ml (½ k) mozzarella­kaas, gerasper

6 murgpampoe­ntjies, in linte gesny met ’n groenteski­ller

AFRONDING

125 ml (½ k) mozzarella­kaas, gerasper

suurlemoen- of lemmetjiew­iggies

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n middelslag­oondbak met kossproei.

1 Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar.

2 Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk en tot die meeste van die vloeistof weggebraai is. Geur met die sout en peper.

3 Klits die roomkaas en eiers goed saam. Voeg die mozzarella by en meng.

4 Pak ’n laag murgpampoe­ntjielinte in die bodem van die oondbak. Versprei die helfte van die spinasieme­ngsel bo-op.

5 Giet die helfte van die kaasmengse­l oor die groente. Pak nog ’n laag murgpampoe­ntjies booor gevolg deur die res van die kaasmengse­l. Pak nog ’n laaste laag van die murgpampoe­ntjies bo-op.

6 Afronding Sprinkel die mozzarella oor en bak 25 min. tot die eier gestol is. Sit voor saam met die suurlemoen- of lemmetjiew­iggies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa