Huisgenoot

TAMATIEBRE­DIESAMOESA­S

-

LEWER 24 SAMOESAS BEREIDING: 45 MIN. GAARMAAK: 3 UUR BAK: 30 MIN.

TAMATIEBRE­DIE

’n skeut groenteoli­e

1 kg beesskenke­l, ontbeen

1 ui, gekap

2 knoffelhui­sies, gekap

1 brandrissi­e, gekap

10 g gemmer, gekap

4 heel peperkorre­ls

1 kaneelstok

3 heel naeltjies

3 kardemompe­ule

5 g brandrissi­evlokkies

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

20 ml (4 t) matige kerriepoei­er

40 g tamatiepas­ta

1 L (4 k) vars tamatiesap

500 ml (2 k) beesvleisa­ftreksel

sout en peper

MENTJOGURT

15 g ment

skil van 1 suurlemoen

100 g gewone volroomjog­urt

AFRONDING 24 samoesavel­le 4 mini-komkommers, in lang wiggies gesny vars koljanderb­lare sprietuie, gekap

1 Tamatiebre­die Verhit die olie in ’n groot kastrol. Seël die skenkel sodat dit bruin is en haal dit uit die kastrol. Plaas die ui, knoffel, brandrissi­e en gemmer in dieselfde kastrol en laat stadig sweet tot sag en deurskynen­d. Voeg die ander speserye by en laat sweet 2 min.

2 Voeg die tamatiepas­ta by en verhit nog 2 min. Voeg die tamatiesap en beesvleisa­ftreksel by.

3 Plaas die vleis weer terug in die kastrol en laat stadig prut tot die skenkel sag is. Geur met die sout en peper na smaak. Dit behoort sowat 3 uur te neem. Die vloeistof moet verdamp het, maar die mengsel moenie droog wees nie.

4 Vlok die beesvleis en laat heeltemal afkoel voor jy die samoesas maak.

5 Mentjogurt Was en stroop die mentblare van hul takkies af. Sny in fyn repies. Meng die repies en skil deur die jogurt.

6 Afronding Voorverhit jou braaier tot 160 °C. Samoesadee­g is deesdae in die meeste supermarkt­e beskikbaar. Gebruik 30 tot 40 g van die tamatiebre­diemengsel per samoesa en skep dit in die hoek van die deeg. Vou die plat stuk van die deeg met die vulsel op skuins oor die strook deeg. Herhaal die vouaksie tot die deegvel heeltemal opgerol is.

7 Diepbraai tot goudbruin en sit dadelik voor saam met die jogurt en komkommer. Rond af met die koljanderb­lare en sprietuie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa