Huisgenoot

MOOI DOGTER NOU ’N SLONSKOUS

-

My dogter het ’n algehele persoonlik­heidsveran­dering ondergaan. Sy was ’n beeldskone vrou. Sy het vroeg getrou met iemand wat sy lank geken het – ’n lieflike mens – en hulle het twee kinders. Sy het baie gewig aangesit en toe begin sy alle belangstel­ling in haar voorkoms verloor. Sy drink ’n antidepres­sant, is heeltyd by dokters en is verslaaf aan pynpille. Sy regeer almal met ’n ysterhand. Haar man mag niks doen of nêrens gaan sonder haar toestemmin­g nie. Haar kinders mag glad nie buite speel nie. Geen vriende kom daar nie, net ons en haar skoonouers as sy toestemmin­g gee. Ek is terminaal siek en ek weet nie meer watter kant toe nie. D op M

Dit kan wees dat jou dogter aan diepliggen­de angs ly, gekombinee­r met ruimtevree­s (agorafobie). Haar onversorgd­e voorkoms kan ’n teken wees dat sy nie meer omgee oor wat buite of selfs binne die huis aangaan nie, solank sy net nie die huis hoef te verlaat of iemand daar hoef toe te laat nie.

Hierdie angssteuri­ng kan nie bloot met antidepres­sante behandel word nie. ’n Kombinasie van medikasie en sielkundig­e behandelin­g is nodig om ’n lyer se gedrag te verander.

Sulke behandelin­g neem tyd, want pasiënte moet geleer word om hul gedrag aan te pas en ook praktiese vaardighed­e aanleer om hul angs te hanteer.

Opname in ’n kliniek kan nodig wees om jou dogter van haar verslawing aan pynpille te bevry. Dié soort afhanklikh­eid is geneig om ál erger te word en kan haar gesondheid ernstig knou.

As ’n familie sal julle moet saamstaan en ingryp. Hou ’n familiever­gadering waar julle haar op ’n nieveroord­elende en niebedreig­ende manier daarop wys dat haar optrede haar gesinsband­e groot skade berokken, maar dat daar wel ’n oplossing is.

Stel dan voor dat sy by ’n sielkundig­e of ’n psigiater vir ’n behandelin­gsplan aanklop. Doen vooraf jul huiswerk en vra ’n huisdokter om iemand in jul omgewing aan te beveel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa