Huisgenoot

WEDUWEE BLY SWIG VOOR ROKJAGTER

-

Sowat ses maande ná my man se dood het ek by een van sy vriende betrokke geraak. Hy is agt jaar ouer as ek en geskei. Ons “verhouding” duur al nege jaar lank. Hy bring elke tweede Sondag saam met sy eksvrou deur en het ook ’n ander vriendin. Hy is ’n bekende en gesiene man in die gemeenskap. Ek het die verhouding al telkemale probeer beëindig, maar hy kom elke keer terug. Ek is nie finansieel van hom afhanklik nie. Gee asseblief raad sodat ek hierdie keer kan sterk staan en nie weer aan die man toegee nie. A op Y

Die mallemeule­rit van onbeantwoo­rde liefde is pynlik. Nege jaar is ’n lang tyd. Al kan ’n mens nie oornag van sulke intense gevoelens wegkom nie, is dit beslis moontlik. Die eerste stap is om op te hou om die feite oor jul aan-af-verhouding te ontken en afsluiting te kry sodat jy kan voortgaan.

Dis nooit maklik om van iemand afstand te doen vir wie jy mag oor jou geluk gegee het nie. Jy dink dalk jy sal nooit weer gelukkig wees nie, maar dit is van alle waarheid ontbloot. In hierdie verhouding het jy lankal jou eie geluk prysgegee.

Dink meer dikwels aan die kere dat hy jou seergemaak het as toe hy jou gelukkig gemaak het – nie om ’n smartvraat te wees nie, maar om die werklikhei­d onder die oë te sien. Slegte herinnerin­gs is een van die beste kure vir ’n verslawing aan iemand wat nie jou liefde werd is nie.

Moenie die afsêwerk tuis doen nie, maar eerder in ’n openbare plek soos ’n restaurant waar hy jou net met woorde kan probeer oorreed. Omring jou met ondersteun­ende mense nadat jy van hom afskeid geneem het.

Gaan vir ’n tydjie weg om uit sy invloedsfe­er te kom. Sorg dat iemand by jou kom kuier in die naweke dat jy hom te sien sou kry. Moenie kontak met hom behou nie. Met so ’n man is elke oproep, WhatsApp of e-pos ’n versoeking om van voor af betrokke te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa