Huisgenoot

HET JUS SIE SYAANVAL GEVEINS?

-

IN DIEmaa DIE maand sedert di die akteur en sanger Ju Jussie Smollett n na bewerin bewering in Chicago aanger aangerand is, het botse botsende weergawes van die storie die ronde ged gedoen. Kort nadat ’n betraande Jussie (36) op Good Morning America was, het die polisie Ola en Abel Osundairo, twee broers van Nigerië, aangehou en ondervra.

Luidens berigte ken die Empire-akteur die twee mans, wat intussen vrygelaat is. Een van hulle het ’n klein rolletjie in Empire gehad en die ander een was ’n ruk lank die akteur se persoonlik­e afrigter.

Maar in ’n vreemde wending beweer mense in die binnekring nou die akteur het die mans betaal om voor te gee hulle het hom aangerand. Bronne na aan die ondersoek beweer hy het die broers dalk sowat R50 000 ($3 500) betaal om hom aan te rand.

Volgens CBS het Abel en Ola aan speurders vertel hulle het die items wat in die aanval gebruik is op Jussie se versoek gekoop en die aanval vooraf geoefen.

Voor die aanval is ’n dreigende brief wat aan Jussie gerig is na die stel van Empire gestuur. In die brief het in uitgeknipt­e letters gestaan: “Jy sal sterf, swart f*****”, met ’n prentjie van ’n man wat geskiet en gehang word.

Die bronne beweer die polisie het in ’n klopjag by die broers se huis op tydskrifte afgekom waarvan die blaaie uitgeskeur was. Hulle probeer nou bepaal of die geskeurde blaaie met die haatpos verbind kan word. Hoewel die polisie in Chicago nie ’n woord rep oor bewerings dat die aanval geveins is nie, het ’n woordvoerd­er aangekondi­g: “Die inligting wat ontvang is van individue wat die polisie vroeër in die Empire-saak ondervra het, het die fokus van die ondersoek verskuif.” Die polisie wil nou graag met die ster praat. Jussie se prokureurs het intussen gesê die akteur voel “geviktimis­eer” deur berigte dat hy ’n rol in die aanval gespeel het, en bygevoeg: “Niks is verder van die waarheid nie. Enigeen wat iets anders beweer, lieg.”

‘Niks is verder van die waarheid nie. Enigeen wat iets anders beweer, lieg’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa