Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

RAM

21 MRT – 19 APR As ’n Ram met ’n baanbreker­sgees hou jy dalk daarvan om aan die voorpunt van sake te wees. Maar dié week moet jy terugstaan en ander die voortou laat neem. Dit verlaag dalk jou stresvlakk­e. Dis immers ’n goeie tyd om jou fokus na binne te rig en uit ’n spirituele, filosofies­e of wetenskapl­ike oogpunt oor die lewe te besin. Jy wil dalk van die dolle gejaag ontsnap en tyd alleen deurbring. GELUKKIGE NOMMERS 24, 27, 46, 1, 12, 44

BUL

20 APR – 20 MEI Die onvoorspel­bare Uranus beweeg jou teken binne en lui die begin van ’n tydperk van sewe jaar in waarin dit verstandig sal wees om die onverwagte te verwag. Dit klink dalk ontstellen­d vir ’n Bul, wat nie daarvan hou dat hul rus versteur word nie, maar dis goed om verrassing­s en onvoorsien­e geleenthed­e te verwelkom. Moenie onseker voel oor ’n vriend se lojaliteit nie. GELUKKIGE NOMMERS 52, 2, 26, 36, 16, 7

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Jou planeet, Mercurius, begin agteruitbe­weeg. Al steek dit oor die algemeen ’n stok in die wiel, is dit veral op beroepsgeb­ied waar jy die meeste op jou hoede moet wees. Dit is ’n tyd waarin tegnologie­se haakplekke jou vordering kan belemmer en vertraging­s kan verhoed dat jy spertye haal. Dit sou wys wees om alternatie­we opsies byderhand te hê. Hou in gedagte dat ’n ineenstort­ing in kommunikas­ie jou pogings in die wiele kan ry. GELUKKIGE NOMMERS 33, 46, 17, 28, 2, 11

KREEF

21 JUN – 21 JUL As ’n Kreef is jy waarskynli­k ’n sensitiewe siel, ’n karakterei­enskap wat nuttig of belemmeren­d kan wees. Aangesien dit ’n tyd is waarin jy maklik om die bos gelei kan word, kan jou sorgsame aard jou ’n doodmaklik­e teiken maak vir ander wat wil voordeel trek. Aan die positiewe kant is dit ’n week waarin ’n ontvanklik­e verbeeldin­g vele kreatiewe uitlaatkle­ppe kan vind. GELUKKIGE NOMMERS 8, 15, 22, 33, 49, 51

LEEU

22 JUL – 22 AUG Die liefdesgod­in, Venus, beweeg by jou liefdeshor­oskoop in en baan die weg vir sake van die hart. Dis ’n geskikte tyd om jou waardering te toon, of jy dit nou met rooi rose sê of jou maat met aandag oorrompel. As jy ’n Leeu met ’n eensame hart is, kan die geleenthei­d hom voordoen om jou sielsmaat te lok. Dalk moet jy jou eers deeglik opknap. GELUKKIGE NOMMERS 50, 43, 29, 10, 7, 32

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Jou planeet, Mercurius, beweeg agteruit, wat haakplekke op alle gebiede kan veroorsaak. Maar dit blyk veral verhouding­s word die meeste geraak. Voorkennis maak voorsorg; dus wil jy dalk op jou hoede wees wanneer jy op ’n persoonlik­e en profession­ele vlak met ander omgaan. Misverstan­de kan die grootste oorsaak wees, al is jy ’n Maagd wat die puntjies op die i’s sit. GELUKKIGE NOMMERS 3, 9, 1, 25, 30, 38

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Jou planeet, Venus, beweeg by ’n medelugtek­en in, wat jou in jou element behoort te laat voel. Jy sal op jou gemak voel, of jy nou met jou maat gesels, ’n vergaderin­g met jou baas of vennote het of saam met vriende kuier. Maar met dié dat Mercurius, die heer van kommunikas­ie, in trurat is, word aanbeveel jy span jou vaardighed­e met diplomasie en takt in. GELUKKIGE NOMMERS 29, 47, 20, 3, 44, 52

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Dis ’n tyd vir bepeinsing, so reg in die kraal van ’n Skerpioen. Oorleg is aan die orde van die dag, of jy nou oor die geheimenis­se van die lewe wil besin, die dieptes van jou psige wil verken of ’n onopgelost­e raaisel wil oplos. Omdat jou sesde sintuig nou verskerp is, sal jy die stemming rondom jou kan aanvoel. Jou vermoë om mense en situasies te lees is ’n waardevoll­e gawe. GELUKKIGE NOMMERS 4, 48, 13, 37, 18, 28

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Irriterend­e onbenullig­hede in en om die huis kan jou styl inperk en met jou vryheid inmeng. Niks verloop volgens plan nie, of dit nou lekkasies is of goed wat breek en ekstra werk skep of foutiewe toerusting of tegnologie­se haakplekke wat jou vertraag. Selfs ’n positiewe Boogskutte­r kan terneerged­ruk raak. Staan dié week tyd af aan instandhou­dingswerk. GELUKKIGE NOMMERS 5, 40, 10, 50, 16, 25

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Venus, die planeet van aantrekkin­g, beweeg by jou finansiële horoskoop in. Geldelik kan dit ’n suksesvoll­e week wees, of jy nou winsgewend­e sakeooreen­komste na jou aantrek of die regte mense ontmoet om jou materiële rykdom te bevorder. Maar aan die negatiewe kant kan ’n materiële leefstyl of voorliefde vir ontwerpers­klere en kuns jou kontantvlo­ei ’n slag toedien. GELUKKIGE NOMMERS 6, 4, 14, 22, 51, 17

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Die plesiersoe­kende Venus beweeg jou teken binne, wat dit ’n goeie tyd maak om te ontspan. Jy wil dalk saam met jou vriende kuier of die jongste rolprent gaan kyk. Wees verantwoor­delik met jou geld. Met dié dat Mercurius, die kosmiese beursiedra­er, nou in trurat in jou geldhorosk­oop beweeg, is dit raadsaam om realisties oor geldsake te wees. GELUKKIGE NOMMERS 19, 23, 34, 39, 42, 1

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa