Huisgenoot

Kay Smith (27)

-

Dié Kapenaar en voormalige 7de Laan-aktrise speel Debra, dogter van die superfeeks Wendy Newman (Rehane Abrahams). Debra is die hoofmeisie van die Hoërskool Arendsvlei. Sy gaan gereeld gebuk onder groepsdruk van haar skoolmaats en soms selfs haar ma. VERTEL ONS MEER OOR JOU ROL IN ARENDSVLEI.

My karakter is uitgesprok­e en outgoing. Sy is vol selfvertro­ue en sterk. Debra is passievol en warmbloedi­g, en dis haar warmbloedi­gheid wat deure vir haar oopmaak.

WAT GENIET JY DIE MEESTE OP DIE STEL?

Om die voorreg te hê om saam met amazing mense te werk wat lief is vir wat hulle doen. En te doen waarvoor ek lief is. My vriende op die stel is Gretchen Ramsden, Crystal-Donna Roberts, Roberto Kyle en Ann Juries-May.

IS JY SOOS JOU KARAKTER OF VERSKIL JULLE SOOS DAG EN NAG?

Ek dink elke karakter wat ek speel, het iets van Kay in hulle.

JOU KARAKTER ERVAAR GEWELDIGE GROEPSDRUK. HET JY RAAD VIR TIENERS WAT GROEPSDRUK BELEEF?

Luister na jou gut. Leer om daarmee gemaklik te word om “nee” te sê. Bevriend mense wat jou nie druk om goed te doen wat jy nie wil doen nie. En speak out.

ENIGE RAAD AAN LEERDERS OM SKOOL SE MOEILIKE TYE TE OORLEEF?

Op hoërskool voel dit dalk asof alles oor lewe en dood gaan, maar dit is nie regtig die geval nie. Haal diep asem en droom oor alles wat jy wil bereik. Jy kan net sukses behaal deur harde werk. Neem kanse, al is dit vreesaanja­end, en toets jou vermoë.

IN WATTER BEROEP SOU JY GEWEES HET AS JY NIE VOOR DIE KAMERAS WAS NIE?

Ek wou soveel verskillen­de beroepe volg; dis deels hoekom ek ’n aktrise geword het. Nou kan ek dit in die skoene van verskillen­de karakters doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa