Huisgenoot

MURGPAMPOE­NTJIEVETKO­EKE

-

Die murgpampoe­ntjies gee die vetkoeke ’n ligte tekstuur. Maak klein vetkoekies en sit dit voor saam met gegeurde roomkaas as ’n happie.

LEWER 10 MIDDELSLAG- OF 24 KLEIN VETKOEKIES BEREIDING: 15 MIN. RYS: 90 MIN. BAK: 30 MIN.

1 kg koekmeel

5 ml (1 t) fyn sout

5 ml (1 t) suiker

7 g kitsgis

250 ml (1 k) murgpampoe­ntjies, gerasper

250 ml (1 k) louwarm water

olie vir diepbraai

VIR VOORSIT

1 avokado, in dun skyfies gesny

100 g brosgebraa­ide spek

gemengde vars kruie

1 Meng die meel, sout, suiker en gis goed. Voeg die murgpampoe­ntjies by en meng liggies. Maak ’n holte in die middel van die meelmengse­l en giet die water by. Meng en giet die water geleidelik by tot ’n sagte deeg vorm.

2 Keer die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en knie tot dit sag, elasties en nie meer klewerig is nie.

3 Smeer ’n bak met ’n klein bietjie olie en plaas die deeg daarin. Smeer die bokant van die deeg met nog ’n bietjie olie, bedek en laat rys 1 uur of tot dubbel so groot.

4 Knie die deeg liggies en verdeel in 10 middelslag­of 24 klein vetkoekies. Pak op ’n meelbestro­oide oppervlak, bedek en laat staan nog 30 min.

5 Verhit die olie in ’n kastrol vir diepbraai. Braai die vetkoeke in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispap­ier.

6 Vir voorsit Sny die vetkoeke oop en stop met die avokado, spek en kruie. (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa