Huisgenoot

GEMARINEER­DE MURGPAMPOE­NTJIESLAAI

-

Hierdie slaai is heerlik saam met braaivleis. Hoe langer die slaai in die yskas marineer, hoe lekkerder!

GENOEG VIR 4-6 MENSE AS BYKOS BEREIDING: 20 MIN. MARINEER: MINSTENS 1 UUR 6 groot murgpampoe­ntjies, gewas

1 knoffelhui­sie, fyngekap

MARINADE

125 ml (½ k) witwynasyn

60 ml (¼ k) olyfolie

5 ml (1 t) droë ment

2,5 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) vars gemaalde peper

AFRONDING

250 g kersietama­ties, gehalveer

1-2 wiele fetakaas, in blokkies gesny

’n hand vol vars basilie, in kleiner stukkies geskeur

1 takkie ment, van die stingel gestroop en gesnipper

1 Sny die punte van die murgpampoe­ntjies af en gooi weg. Gebruik ’n groenteski­ller en sny die murgpampoe­ntjies in linte. Plaas die linte in ’n glas- of marineerba­k. Sprinkel die knoffel oor en meng liggies deur.

2 Marinade Meng al die bestanddel­e goed en giet oor die murgpampoe­ntjies. Meng dit liggies deur, bedek en laat minstens ’n uur of selfs oornag in die yskas marineer.

3 Afronding Meng die res van die bestanddel­e deur die murgpampoe­ntjies en sit voor.

Voeg ’n blik kekerertji­es (gedreineer) en 1 gekapte rooi-ui by die slaai om die slaai vullender te maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa