Huisgenoot

SOET-SUUR VARK

-

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 30 MIN.

500 g varkfilet, in blokkies gesny

45 ml (3 e) koekmeel

BESLAG

250 ml (1 k) koekmeel

45 ml (3 e) mielieblom

5 ml (1 t) bakpoeier

250 ml (1 k) vonkelwate­r

SOUS

’n skeut olie

1 ui, grofgekap

20 g gemmer, gesny

2 rooi brandrissi­es, gehalveer

1 steel sitroengra­s, in fyn skywe gesny

2 knoffelhui­sies, in skywe gesny

2 groen soetrissie­s, grofgekap

30 ml (2 e) tamatiesou­s

200 ml water

1 klein blik pynappel, grofgekap; hou die sap

150 g witsuiker

100 ml wit asyn

45 ml (3 e) mielieblom

koljanderb­lare vir afronding

Voorverhit jou diepbraaie­r tot 170 °C. (Verhit andersins olie in ’n diep kastrol.)

1 Bestuif die varkblokki­es met die meel en hou eenkant.

2 Beslag Klits die meel, mielieblom, bakpoeier en vonkelwate­r saam tot ’n gladde beslag vorm. Doop die bestuifde varkblokki­es in die beslag om goed te bedek.

3 Braai dit in sarsies in die olie tot goudbruin en bros.

4 Sous Verhit die olie en soteer die ui, gemmer, brandrissi­es, sitroengra­s, knoffel en soetrissie­s tot sag.

5 Roer die tamatiesou­s, water en pynappel saam met die sap van die blik by en maak deurwarm. Voeg die suiker en asyn by en meng goed.

6 Klits die mielieblom saam met ’n klein hoeveelhei­d water in ’n ander bak. Roer die mielieblom­mengsel by jou sous in en laat prut om te verdik. Plaas die bros varkvleis in die sous en meng deur.

7 Rond af met die koljanderb­lare en sit voor saam met gestoomde rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa