Huisgenoot

Hoe om ’n gewoonte te verbreek

Sit jy opgeskeep met lastige gewoontes wat sleg is vir jou? Beproef dié nuttige wenke

-

DIS 06:30. Jy staan op, stort, eet roosterbro­od en stap by die deur uit werk toe.

Dit klink na roetine, maar die moeitelose proses wat jou onnadenken­d van jou voordeur na die werk en weer huis toe neem, word nie eintlik deur jou keuses bepaal nie.

Sowat 45% van dié stappe is ’n kwessie van gewoonte, sê Charles Duhigg, skrywer van The Power of Habit: Why We Do What We Do in Life and Business. Maar hoe werk gewoontes en wat kan ons doen om die slegtes te laat staan?

DIE MAG VAN DIE GEWOONTE

Om te verduideli­k waar gewoontes vandaan kom en hoe dit kan verander, gebruik Charles die voorbeeld van Lisa Allen, ’n 34-jarige grafiese ontwerper wat in ’n Amerikaans­e laboratori­um deur neuroloë bestudeer is. Vir die grootste deel van haar lewe was sy oorgewig, ’n strawwe roker en diep in die skuld.

Maar in die vier jaar voor die studie het sy ophou rook, 27 kg afgeskud, haar skuld afbetaal, met ’n meestersgr­aad begin en selfs ’n marathon gehardloop.

Die aansporing? Sy wou ’n woestyntre­k in Egipte aanpak en het besef as sy dié droom wil bewaarheid, sal sy die vetjies moet afskud, fiks word, uit die skuld kom en ophou rook. Oor die volgende ses maande het sy al haar doelwitte bereik.

Toe die navorsers Lisa se brein skandeer, het hulle vasgestel haar ou gewoontes is steeds aktief; wanneer sy dus byvoorbeel­d kos sien, het sy steeds die drang om haar te ooreet. Ou gewoontes word immers moeilik verbreek omdat daardie paaie in jou brein vasgelê word. Maar Lisa se ou gewoontes word deur nuwes oorheers.

“Deur op een patroon te fokus, wat as ’n ‘sluitsteen­gewoonte’ ( keystoneha­bit) bekendstaa­n, het Lisa haarself geleer hoe om ander roetines in haar lewe te herprogram­meer,” sê Charles.

SO ONTSTAAN GEWOONTES

Gewoontes is roetines wat jou onderbewus­syn in outomaties­e sekwense omskakel sodat jou bewuste brein vir ander dinge beskikbaar gestel word. Om elke dag dieselfde pad huis toe te volg is ’n goeie voorbeeld hiervan. “Gewoontes ontwikkel omdat die brein gedurig op soek is na maniere om moeite te bespaar,” sê Charles. “As jy hom aan sy eie lot oorlaat, sal die brein probeer om amper enige roetine ’n gewoonte te maak, want gewoontes gee hom die kans om gereeld te ontspan.”

KAN ’N GEWOONTE VERBREEK WORD?

“Om ’n gewoonte te verander, moet jy die snellers ontleed wat elke keer daartoe aanleiding gee. Besluit dan om jou roetine aan te pas sodat jy die snellers en eindelik die gewoonte kan verander,” sê Charles. Ons brein ken nie outomaties die verskil tussen ’n goeie en slegte gewoonte nie.

Maar hoe verander jy ’n gewoonte? Jy verander dit nie – jy vervang dit met ’n nuwe een, sê Charles. “Die mag van snellers en belonings is so oorweldige­nd, jy kan nie ’n gewoonte verbreek nie. Dis beter om ’n nuwe gedrag te kry wat ’n

soortgelyk­e beloning bied.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa